2009 Top Ten of Conflict for Geography
- Suid-Afrika
- Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
- Afrika
- Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking
- Noord-Korea
- Noord-Korea staan amptelik bekend as die Demokratiese Volksrepubliek Korea en is in Oos-Asië geleë, in die noordelike helfte van die Koreaanse Skiereiland. Noord-Korea is een van die laaste kommunistiese state in die wêreld en is bekend vir sy geharde Stalinistiese regering
- Rotse van Liancourt
- Die Rotse van Liancourt is 'n groep betwiste en bewoonde eilandjies in die See van Japan
- Saoedi-Arabië
- Saoedi-Arabië, amptelik die Koninkryk Saoedi-Arabië, is 'n Arabiese land in die Midde-Ooste en Asië en die grootse op die Arabiese Skiereiland. Dit word in die noordweste begrens deur Jordanië, deur Irak in die noorde en noordooste, deur Koeweit, Katar, Bahrein, en die Verenigde Arabiese Emirate in die ooste, Oman in die suidooste, en Jemen in die suide
- Ysland
- Ysland is 'n Europese eilandstaat tussen Groenland en die vasteland van Europa. Met 'n oppervlakte van 102 775 vierkante kilometer en 'n bevolking van omtrent 376 000 is Ysland die kleinste en, vanweë sy ligging in die Noord-Atlantiese Oseaan ver van die Europese vasteland af, ook die mees geïsoleerde van die Nordiese of Skandinawiese lande. Sestig persent van die Yslandse bevolking is in die metropolitaanse gebied van die hoofstad Reykjavik in die suidweste van die land gekonsentreer
- Estland
- Estland, amptelik die Republiek Estland, is 'n land in Noord-Europa, wat in die weste begrens word deur die Oossee, in die noorde deur die Finse Golf, in die ooste deur Rusland en in die suide deur Letland. Dit is die mees noordelike en die kleinste van die drie Baltiese lande. Estland bestaan hoofsaaklik uit bosryke heuwellande met talle mere, vleie en moerasgebiede. Inwoners praat oorwegend Esties wat nou verwant is aan Fins en – in teenstelling met die ampstale van Letland en Litaue – deel uitmaak
- San Francisco
- San Francisco [ˌsænfɹənˈsɪskoʊ] is die vierde grootste stad van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië na Los Angeles, San Diego en San Jose. Die stad aan die weskus van die Verenigde State staan sedert die sestigerjare, toe dit die hoofstad van die hippie-beweging was, ook bekend onder sy diminutief Frisco. Bewoners van Noord-Kalifornië noem die metropool dikwels kortweg the City
- Namibië
- Namibië, amptelik die Republiek van Namibië, is ’n republiek in Suider-Afrika waarvan die westelike grens die Atlantiese Oseaan is. Die land grens ook aan Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die ooste en Suid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aan Zimbabwe grens nie, is Namibië deur 200 m van die Zambezirivier se rivierbedding van Zimbabwe geskei. Volgens ander menings ontmoet die grense van die vier lande Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe op een enkele punt en sal vervolgens
- Verenigde State van Amerika
- Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko