2009 Top Ten of Conflict
- Barack Obama
- Barack Hussein Obama II is op 20 Januarie 2009 ingehuldig as die 44ste president van die Verenigde State. Hy het in die Amerikaanse Kongres die amp van Juniorsenator vir die deelstaat Illinois beklee en is die vierde jongste kandidaat wat ooit as president verkies is. Hy is daarnaas ook die eerste boorling van die deelstaat Hawaii wat die presidentsamp beklee
- Michael Jackson
- Michael Joseph Jackson was 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, danser, vermaakpersoonlikheid, besigheidsman en humanis wat as een van die suksesvolste musiekkunstenaars in die geskiedenis van die popmusiek bekend staan. Sy unieke bydraes tot populêre musiek en dans, tesame met sy hoogs gepubliseerde persoonlike lewe, het hom vir vier dekades 'n sentrale figuur van die popkultuur gemaak. Hy het 13 Grammy-toekennings gewen en na raming sowat 750 miljoen albums verkoop. Tydens sy sololoopbaan het hy
- MP3
- MP3 is 'n lêerformat vir die verliesvrye kompressie van oudiodata. MP3 gebruik die beginsel dat slegs die gedeelte opgeneem en gestoor word wat die menslike oor kan hoor. Daardeur word 'n datakompressie moontlik wat die oudiogehalte min of glad nie beïnvloed nie. Die formaat is 'n indirekte voorganger van AAC of Vorbis, wat 'n beter gehalte en funksionaliteit lewer
- Suid-Afrika
- Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
- Afrika
- Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking
- Leonees
- Leonees is 'n Romaanse taal wat in sommige dele van die Spaanse provinsies León, Zamora, en in die gebied Miranda de Douro en Bragança in Portugal gepraat word
- Noord-Korea
- Noord-Korea staan amptelik bekend as die Demokratiese Volksrepubliek Korea en is in Oos-Asië geleë, in die noordelike helfte van die Koreaanse Skiereiland. Noord-Korea is een van die laaste kommunistiese state in die wêreld en is bekend vir sy geharde Stalinistiese regering
- Rotse van Liancourt
- Die Rotse van Liancourt is 'n groep betwiste en bewoonde eilandjies in die See van Japan
- Wikipedia
- Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
- Saoedi-Arabië
- Saoedi-Arabië, amptelik die Koninkryk Saoedi-Arabië, is 'n Arabiese land in die Midde-Ooste en Asië en die grootse op die Arabiese Skiereiland. Dit word in die noordweste begrens deur Jordanië, deur Irak in die noorde en noordooste, deur Koeweit, Katar, Bahrein, en die Verenigde Arabiese Emirate in die ooste, Oman in die suidooste, en Jemen in die suide