2008 Top Ten of Polemic for Technology
- C-111
- Die C111-reeks bestaan uit prototipes en eksperimentele voertuie uit die sestiger- en sewentigerjare. Gedurende hierdie tydperk het Mercedes-Benz ge-eksperimenteer met nuwe enjin-tipes en kunsstofbakwerke
- The Million Dollar Homepage
- The Million Dollar Homepage is 'n webwerf bedink deur Alex Tew, 'n student van Wiltshire, Engeland met die doel om fondse vir sy studies te bekom. Die webwerf is geloods op 26 Augustus 2005 en het teen 1 Januarie 2006 'n inkomste van ongeveer VSA$ 1 037 100 gegenereer. Dit word op 11 November 2006 as 'n 7 op Google se PageRank aangedui. Die webwerf se Alexa-ranglys was 12 675ste op 13 Oktober 2006, met die hoogste posisie 127ste
- GNU
- GNU is 'n bedryfstelsel en versameling van rekenaarsagteware. GNU bestaan heeltemal uit vrye sagteware, waarvan die meeste onder die GNU-projek se eie Algemene Publieke Lisensie gelisensieer is
- Wiki
- 'n Wiki of wiki is 'n webwerf wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik
- Elektriese geleier
- In wetenskap en ingenieurswese is geleiers materiale wat bewegende elektriese ladings bevat. Wanneer 'n elektriese potensiaalverskil oor twee afsonderlike punte opgestel word in 'n geleier, word die ladings gedwing om te beweeg en ontstaan 'n elektriese stroom tussen daardie twee punte in ooreenstemming met Ohm se wet. Alhoewel baie geleiers metaalagtig is, bestaan daar baie geleiers wat nie-metale is en sluit onder andere alle plasmas in. Raadpleeg die artikel oor elektriese geleiding vir meer inligting
- LOL (Internet slang)
- LOL is 'n afkorting vir "laughing out loud", "laugh out loud", of minder gewoon "lots of laughter" of "lots of laughs". LOL is 'n tipiese element in Internet "slang". Die gebruik van hierdie akroniem het op Usenet ontstaan
- Mariner 7
- As deel van 'n groter Mariner-program-1969, het Mariner 6 en Mariner 7 die eerste sendings na Mars voltooi en oor die ewenaar en suidelike poolgebied gevlieg. Die tuie het die atmosfeer en oppervlak geanaliseer en terselfdertyd heelwat beelde teruggestuur
- Rekenaar
- 'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om data volgens 'n goed gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys
- Google
- Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
- ENIAC
- ENIAC, afkorting vir Electronic Numerical Integrator And Computer, was die eerste algemeendoelige elektroniese rekenaar. Dit was die eerste hoë-spoed, Turingvolledige, digitale rekenaar wat herprogrammeer kon word om 'n reeks rekenkundige probleme op te los, terwyl vroeëre masjiene net sekere van die eienskappe gehad het. Die ENIAC is ontwerp en gebou deur die Amerikaanse Leër om artillerievuur-tabelle te bereken