2008 Top Ten of Polemic for Philosophy

Lys van lande volgens regeringstipe
Hierdie is 'n Lys van Lande gerangskik volgens regeringsvorm
Materialisme
Die term materialisme verwys na die lewensbeskouings en filosofiese rigtings wat die wêreld, soos 'n mens dit kan waarneem, vanuit 'n suiwer materiële, nie-geestelike perspektief probeer beskryf
Republiek
'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel
Etiek
Etiek is die studie van morele waardes en gebruike uit 'n filosofiese oogpunt. Die konsepte van wat reg en verkeerd is, goed en kwaad is, en wat verantwoordelikheid beteken, word hierdeur ondersoek
Filosofie
Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied
Vryedenke
Vryedenke is 'n eienskap van indiwidue wat hul opinies vorm op die basis van hoe hulle 'n onderwerp verstaan en nie op die voorskrifte van tradisie, gesag of gevestigde menings of geloof nie. Die definisie is veral van toepassing op die verwerping van godsdienstige dogma
Libertynisme
Libertynisme is 'n politiese filosofie wat individuele regte en 'n beperkte regering voorstaan. Libertyne glo dat individue vry moet wees om enigiets te doen soos hulle goed dink, solank as dit wat hulle doen nie inbreuk maak op die gelyke regte van ander nie. In hierdie verband stem hulle saam met baie ander moderne politieke ideologieë. Die verskil kom voor in die definisie van "regte". Vir libertyne bestaan daar geen "positiewe regte" nie, slegs "negatiewe regte". Libertyne glo verder dat die enigste
Holisme
Holisme is die idee dat al die eienskappe van 'n gegewe stelsel nie in terme van die onderliggende komponente alleen verduidelik kan word nie. Die stelsel as 'n geheel bepaal eerder op 'n belangrike wyse hoe die dele hulle gedra. Die algemene begrip van holisme is deur Aristoteles in die Metafisika opgesom: "Die geheel is meer as die som van sy onderdele" (1045a10
Demokrasie
Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
Monargie
Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere