2008 Top Ten of Conflict for Technology

Google
Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
Wiki
'n Wiki of wiki is 'n webwerf wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik
Rekenaar
'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om data volgens 'n goed gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys
Mozilla Firefox
Mozilla Firefox is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers
GNU
GNU is 'n bedryfstelsel en versameling van rekenaarsagteware. GNU bestaan heeltemal uit vrye sagteware, waarvan die meeste onder die GNU-projek se eie Algemene Publieke Lisensie gelisensieer is
Webjoernaal
'n Webjoernaal, is 'n webwerf wat gereeld – soms meer as een keer per dag – opgedateer word en waarop die inligting in chronologiese volgorde weergegee word. Besoekers vind ook op die tuisblad die mees onlangse bydraes. Die outeur skep in wese 'n logboek van inligting wat hy wil deel met sy publiek, die besoekers aan sy webjoernaal. Gewoonlik bestaan 'n webjoernaal uit teks, maar kan ook om foto's, video (vlog) of klank (podgooi) gaan. Weblogs bied hul lesers ook gewoonlik die geleentheid om reaksies
Kopielinks
Kopielinks, soms ook verwys na as kopielos, beskryf 'n groep lisensies wat van toepassing is op werke soos sagteware, dokumente en kuns. Waar kopieregwet gesien word deur die oorspronklike voorstanders van kopielinks as 'n manier om die reg tot skepping en verspreiding van kopieë van 'n spesifieke werk in te perk, maak 'n kopielinkse lisensie van kopieregwet gebruik om te verseker dat elke persoon wat 'n kopie of afgeleide weergawe van 'n werk ontvang die werk kan gebruik, wysig, en ook die oorspronklike
Blu-ray-skyf
Die Blu-ray-skyf is 'n standaard vir hoë-resolusie-DVD-rolprente. 'n Oorspronklik mededingende formaat, High-Definition-DVD, is onder meer deur Toshiba bemark, maar intussen gestaak. In Maart 2016 is 'n nuwe formaat - Ultra HD Blu-ray - op die mark ingevoer wat video-inhoud met 4K-resolusie en hoë dinamiese omvang (HDR) kan stoor en weergee
Microsoft Word
Microsoft Word is 'n woordverwerkingsprogram van die maatskappy Microsoft vir die Windows- en OS X-bedryfstelsels. Dit is deel van die kantoorpakket Microsoft Office asook die op privaatgebruikers gerigte programsuite Microsoft Works Suite en word ook los verkoop
Rekenaarwetenskap
Rekenaarwetenskap is die studie van berekening en inligtingverwerking, asook die implementering daarvan in inligtingstegnologie, in beide hardeware (apparatuur) en sagteware (programmatuur). In die praktyk omvat dit 'n wye aantal velde – van die abstrakte studie van algoritmes, en formele grammatikas tot meer konkrete onderwerpe soos programmeertale, bedryfstelsels, rekenaarnetwerke, databasisse en beheerstelsels. As 'n wetenskaplike dissipline, sluit dit aan by wiskunde, fisika en elektronika, maar