2008 Top Ten of Conflict for Society

Volhoubare ontwikkeling
Volhoubare ontwikkeling is ontwikkeling wat die lewensgehalte van huidige generasies verbeter en verseker dat daar ook in toekomstige generasies se behoeftes voorsien sal kan word. Die oorsprong van die idee van volhoubaarheid lê in die begrip van volhoubare landbou, waar hulpbronne in so 'n mate benut word dat die herstelvermoë daarvan behoue bly. Volhoubare ontwikkeling verwys dus na sosiale, ekonomiese en ekologiese volhoubaarheid, d.i. 'n produktiewe leefwyse vir die mens wat binne die dravermoë van
Argeologie
Argeologie of oudheidkunde is die studie van menslike kulture deur die herwinning, dokumentering en analise van materiële oorblyfsels, insluitende argitektuur, kunsprodukte, oorblyfsels van lewende organismes insluitend menslike oorblyfsels en die studie van die landskap waarin die mense gewoon het. Die doel van argeologie is om lig te werp op die langtermyn voorgeskiedenis, geskiedenis, gedragspatrone en kulturele ewolusie van die mens. Dit is die enigste vakgebied wat die metodiek beskryf vir die
Byeboerdery
Byeboerdery is mense se doelbewuste onderhouding van heuningby-kolonies, wat oorwegend in korwe plaasvind. 'n Byeboer mag bye aanhou om heuning en byewas te versamel, of vir die doel om landbou-oeste te bestuif, of om bye te kweek vir verkoop aan ander byeboere. Bye word aangehou in 'n byehuis of in 'n byekamp
Bemarking
Handel bestaan in sy eenvoudigste vorm uit 'n ruiltransaksie tussen twee persone. In die vroegste tye het primitiewe mense spesifieke oorlewingsbehoeftes bevredig deur ruiltransaksies aan te gaan. In daardie tyd was die deelnemers in direkte kontak met mekaar en ruiltransaksies het net plaasgevind as albei deelnemers tevrede was met dít wat in ruil aangebied is. Die voordele van sulke transaksies is gou besef. Gaandeweg het ruiltransaksies toegeneem en 'n vraag het ontwikkel na 'n verskeidenheid produkte
Costa Ricaanse colón
Die Costa Ricaanse colón is die geldeenheid van Costa Rica. Die geldeenheid is na Christopher Columbus vernoem
Jamaika
Jamaika is 'n eilandstaat van die Groot-Antille met 234 kilometer in lengte en 80 kilometer in breedte. Jamaika is in die noorde van die Karibiese See geleë en is naas Kuba, die Dominikaanse Republiek, Haïti en die Bahamas die vyfde grootste eilandstaat van die streek. Jamaika beslaan 'n oppervlakte van 10 991 km² en het 'n bevolking van 2 726 667 in 2018 gehad. Jamaika is in die suide van Kuba, in die weste van Hispaniola en in die suidooste van die Kaaimanseilande geleë. Die hoofstad en grootste
Nasionale Taaldiens
Die Nasionale Taaldiens ("NTD") van Suid-Afrika bevorder en fasiliteer kommunikasie tussen tale. In ooreenstemming met die taalvereistes van die Grondwet bestuur die NTD die taaldiversiteit van die samelewing van die land en is hy verantwoordelik vir die benutting van al die tale van ons mense deur beleidsmaatreëls in werking te stel wat gemik is op die bevordering van die gebruik van al hierdie tale, ook van die tale wat histories afgeskeep is
Geld
Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel. Byvoorbeeld, volgens Maslow se behoeftehiërargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primêr. Dit wil sê in sulke omstandighede van oorlewing het goud geen waarde nie, want dit kan geen voedsel of beskerming aan die mense voorsien nie. Voedsel, klere en skuiling sal dit wees waarna die mens soek. Die vraag is, hoe het "geld" die simbool vir waarde geword
Europese Unie
Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is
Kopiereg
'n Kopiereg of outeursreg is 'n vorm van intellektuele eiendom wat die houer daarvan geregtig om die kopieer en gebruik van 'n oorspronklike, kreatiewe uiting, soos 'n literêre werk, rolprente, musikale werk of klankopname, skildery, rekenaarprogram of 'n industriële ontwerp te beperk vir 'n gedefinieerde tydperk. In Suid-Afrika word kopiereg gereël deur die Wet op outeursreg en word die tydperk waarvolgens die beskerming voor geldig is gedefinieer as 50 jaar na die eerste bekendstelling aan die publiek