2008 Top Ten of Conflict for Nature
- MIV
- Die Menslike Immuniteitsgebreksvirus is die virus wat Vigs veroorsaak
- Orkaan Katrina
- Die tropiese Orkaan Katrina was een van die ergste natuurrampe wat die Verenigde State ooit getref het. Die storm het in Augustus 2005 meer as 1 800 menselewens geëis – die grootste aantal slagoffers sedert die Okeechobee-orkaan van die jaar 1928 – en 'n skade van 81,2 miljard VSA-dollar berokken, die hoogste wat ooit by 'n natuurramp in die VSA aangeteken is. Die VSA-regering moes net soos die plaaslike owerhede kritiek verduur nadat hulle die uitwerkings van die orkaan aanvanklik onderskat het en
- Smeltingswarmte
- Die smeltingswarmte is die hoeveelheid warmte-energie wat 'n materiaal moet absorbeer om 'n bepaalde hoeveelheid massa van die stof van 'n vastestof tot 'n vloeistof en omgekeerd te verander. Die temperatuur waarteen hierdie omskakeling van toestand plaasvind word die smeltpunt genoem. Die warmte-energie wat afgegee word om die teenoorgestelde toestandsverandering te bewerkstellig is gewoonlik ewe veel en daar kan daarna verwys word as die stollingswarmte
- Son
- Die son is die ster in die middel van ons sonnestelsel. Die aarde, asook verskeie ander materie soos planete, asteroïdes, meteorides, komete en stof, wentel om die son. Die son wentel op sy beurt weer om die middelpunt van die melkweg - die sterrestelsel wat ons sonnestelsel bevat. Die son bevat ongeveer 99.8% van die sonnestelsel se massa. Energie van die son - in die vorm van insolasie van sonlig - onderhou amper alle lewe op die Aarde deur fotosintese en is die dryfkrag agter die Aarde se klimaat en
- Hond
- Honde is vierpotige soogdiere, naverwant aan wolwe. Verskeie rasse is geteel vir 'n verskeidenheid eienskappe; aanvanklik veral vir jagdoeleindes
- Visarend
- Die visarend is 'n groot roofvoël met 'n wit kop en bors met 'n bruin pens en hoofvlerke. Hierdie arend het swart en bruin ondervlerke en 'n wit stert. Dit is die nasionale voël van lande soos Namibië, Malawi, Zambië, Suid-Soedan en Zimbabwe. In Engels staan die voël bekend as die African Fish Eagle
- Spinnekop
- Die spinnekop is die bekendste orde (Araneae) uit die klas wat bekend staan as die spinnekopagtiges (Arachnida). Spinnekoppe is ongewerwelde roofdiere met twee lyfsegmente, agt pote, en geen vlerke. Hulle het geen koudele in die mond nie
- Tsoenami
- 'n Tsoenami, 'n tipe vloedgolf, is 'n reeks golwe wat in 'n watermassa veroorsaak word deur 'n puls of skielike versteuring wat 'n waterkolom vertikaal verplaas. Aardbewings, aard- of grondverskuiwings, vulkaniese uitbarstings, ontploffings en die impak van buiteaardse liggame soos meteoriete kan 'n vloedgolf veroorsaak. Tsoenami's kan kuslyne 'n geweldige slag toedien en verpletterende skade aan eiendom, beserings en lewensverlies deur besering of verdrinking veroorsaak
- Boom
- In plantkunde is 'n boom 'n meerjarige plant met 'n langwerpige stam wat gewoonlik takke en blare ondersteun. Volgens sommige enger definisies is 'n boom slegs houtplante met sekondêre groei, plante wat bruikbaar is vir hul hout of plante bo 'n bepaalde hoogte. In wyer definisies word langer palms, boomvarings, piesangs en bamboes ook as bome geag. Bome is nie 'n taksonomiese groep nie, maar sluit 'n verskeidenheid plantspesies in wat onafhanklik van mekaar 'n stam en takke ontwikkel het as 'n manier om
- Duitse herdershond
- Die Duitse herdershond of wolfhond is 'n intelligente honderas. Hulle kan maklik opgelei word en word derhalwe gereeld deur mense as soekhonde, waghonde of as troeteldiere gebruik. Hulle word ook algemeen deur polisie- en weermagte aangewend