2008 Top Ten of Conflict for Geography

Griekeland
Griekeland, amptelik die Helleense Republiek, is 'n republiek in Suidoos-Europa, bestaande uit die suidelikste deel van die Balkanskiereiland en 'n groot aantal eilande. Hierdie eilande vorm saam ongeveer 'n vyfde van die totale landoppervlakte van Griekeland
Letland
Letland, amptelik die Republiek Letland, is 'n republiek in Noordoos-Europa, een van die Baltiese lande aan die Oossee. Die land word verder begrens deur Estland in die noorde, Litaue en Belarus in die suide en Rusland in die ooste. Nes Estland en Litaue word Letland dikwels 'n Baltiese Tier genoem
Australië
Australië, amptelik die Gemenebes Australië, is 'n grondwetlike monargie in die Suidelike Halfrond. Australië is die sesde grootste land ter wêreld en die enigste wat 'n hele vasteland beslaan – die Australiese kontinent. Australië se staatsgebied sluit daarnaas die eiland Tasmanië en 'n aantal ander eilande in die Indiese Oseaan, die Stille Oseaan en die Suidelike Oseaan in. Australië se buurlande is Indonesië, Oos-Timor en Papoea-Nieu-Guinee in die noorde, die Salomonseilande, Vanuatu en Nieu
Verenigde State van Amerika
Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
Spanje
Spanje, amptelik die Koninkryk Spanje, is 'n land in die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese Skiereiland met Portugal en Gibraltar. In die noorde word Spanje begrens deur die Pireneë van Frankryk en die landjie Andorra. Die Baleariese Eilande in die Middellandse See, die Kanariese Eilande langs die weskus van Noord-Afrika, asook die eksklawes Ceuta en Melilla in Noord-Afrika, wat deur Marokko omring word, maak deel uit van Spanje se staatsgebied
Denemarke
Denemarke, amptelik die Koninkryk Denemarke, is geleë in Noord-Europa in die gebied wat as Skandinawië bekend staan. Dit is 'n grondwetlike monargie met koningin Margrethe II as simboliese leier en 'n eenkamerparlement, die Folketinget
Europa
Europa is 'n vasteland wat oor die westelike vyfde van die Eurasiese landmassa strek. Alhoewel dit in geografiese opsig eerder as subkontinent geklassifiseer kan word wat saam met Asië die vasteland van Eurasië vorm, word dit vanweë sy historiese en kulturele ontwikkeling meestal as selfstandige kontinent beskou. Eeue lank was Europa in kulturele en ekonomiese opsig die middelpunt van die wêreld. So het die term Europa naas sy geografiese definisie ook betrekking op kulturele, politieke, ekonomiese
Frankryk
Frankryk, amptelik die Franse Republiek, is 'n sentralistiese, demokratiese republiek in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Spanje en Andorra
Japan
Japan is 'n eilandnasie in Oos-Asië. Dit is geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse Skiereiland, China en Rusland, en strek van die See van Ochotsk in die noordooste tot by die Oos-Chinese See in die suidweste. Die karakters waaruit Japan se naam bestaan beteken "son-oorsprong" wat aanleiding gee tot die naam "land van die opkomende son", en wat verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiatiese vasteland
Verenigde Koninkryk
Die Verenigde Koninkryk of Brittanje, amptelik die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland, is die grootste eilandstaat in Europa en bestaan uit die vier lande Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland. Dit is noordwes van die Europese vasteland op die hoofeiland Groot-Brittanje geleë en beslaan daarnaas ook sowat 'n sesde van sy westelike buureiland Ierland (Noord-Ierland). Die staatsgebied word omring deur die Noordsee in die ooste, die Engelse Kanaal in die suide en die Atlantiese