2008 Top Ten of Conflict for Culture
- Afrikaans
- Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal, wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het
- Olimpiese Spele
- Die Olimpiese Spele bestaan uit twee internasionale sportkompetisies wat elk elke vier jaar gehou word, naamlik: die Somerspele en die Winterspele. Tot en met 1992 was beide die spele in dieselfde jaar gehou, maar sedertdien word hulle met twee jaar intervalle aangebied
- The Beatles
- The Beatles was 'n legendariese rock 'n' roll-groep wat bestaan het uit vier Britse jongelinge uit Liverpool, naamlik John Lennon, Paul McCartney, Ringo Starr en George Harrison. Hierdie groep het die wêreld se treffersparade reg deur die sestigerjare oorheers soos geen ander groep voor of na hulle ooit weer nie. Hulle was waarskynlik die invloedrykste rock 'n' roll-groep van alle tye. Die 'Fab Four' het 'n populêre histerie in Brittanje begin wat deur die Britse pers as 'Beatlemania' gedoop is en wat na
- Guildwars
- Guildwars het in 2005 op die mark gekom. Dit is 'n interaktiewe internet rolspel rekenaarspeletjie waarin jy 'n karakter beheer, met spesiale vaardighede bv. dat hy/sy kan vlieg, of toorkunsies kan uitvoer. So 'n spel word gewoonlik met ander individue aanlyn gespeel en moet die speler soms met 'n aantal ander spelers 'n spesifieke opdrag uitvoer. So byvoorbeeld moet 'n draak verslaan word, of 'n groep mense 'n rivier oorsteek
- Rugby
- Rugby, soms ook rugbyunie of vyftienrugby genoem, is ’n volkontakbal- en spansport, wat in die eerste helfte van die 19de eeu in Engeland ontstaan het. Dit is genoem na sy ontstaanplek, die Rugby-skool in die dorp Rugby. Dit is saam met Rugby League een van twee hoofvariante in die rugbyfamilie. ’n Wedstryd word uitgespeel tussen twee spanne met 15 spelers elk, wat op ’n reghoekige veld probeer om in 80 minute meer punte as hul opponent aan te teken. Spelers speel met ’n eiervormige bal wat hulle
- Wikipedia
- Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
- Fokofpolisiekar
- Fokofpolisiekar is 'n Afrikaanse musiekgroep van Bellville naby Kaapstad, Suid-Afrika. Die groep het in April 2003 as 'n grap ontstaan met die doel om die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap te skok. Die groepsbesetting is François “van Coke” Badenhorst met voorsang, Hunter Kennedy met sang en ritmekitaar, Jaco "Snakehead" Venter op die tromme, Wynand Myburgh op baskitaar en Johnny de Ridder op hoofkitaar
- Pink Floyd
- Pink Floyd was 'n Britse musiekgroep wat in 1965 in Londen gevorm is. Hulle het internasionale faam behaal met hul progressiewe en psigedeliese musiek en word onthou vir hul gebruik van filosofiese lirieke, klankeksperimente, uitgebreide komposisies en verstommende konsertoptredes wat van hulle een van die kommersieel suksesvolste en invloedrykste groepe in die geskiedenis van popmusiek gemaak het
- Arabies
- Arabies is die taal van die Arabiere, wat ook die hooftaal in Noord-Afrika, die Midde-Ooste en die Horing van Afrika is. Dit is 'n Semitiese taal wat deur 242 miljoen mense as hulle moedertaal beskou word en deur vele meer as ampstaal en/of liturgiese taal aangewend word. Dit word as sesde werkstaal van die Verenigde Nasies erken. Arabies is die amptelike taal van 28 lande, die derde meeste naas Engels en Frans. Daarbenewens is dit 'n belangrike minderheidstaal in lande soos Iran en Turkye. Arabies word in
- Nederlands
- Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 29 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België en Suriname