2007 Top Ten of Polemic for Technology

Rekenaarwetenskap
Rekenaarwetenskap is die studie van berekening en inligtingverwerking, asook die implementering daarvan in inligtingstegnologie, in beide hardeware (apparatuur) en sagteware (programmatuur). In die praktyk omvat dit 'n wye aantal velde – van die abstrakte studie van algoritmes, en formele grammatikas tot meer konkrete onderwerpe soos programmeertale, bedryfstelsels, rekenaarnetwerke, databasisse en beheerstelsels. As 'n wetenskaplike dissipline, sluit dit aan by wiskunde, fisika en elektronika, maar
DDR SDRAM
DDR SDRAM of dubbele datasnelheid sinkrone dinamiese ewetoeganklike geheue is 'n soort geïntegreerde stroombaangeheue wat in rekenaars gebruik word. Dit behaal 'n hoër bandwydte as gewone SDRAM deur data oor te dra op die stygende asook vallende rande van die kloksein. Dit verdubbel byna die oordragstempo sonder om die frekwensie van die voorste bus te verhoog. Sodoende kan 'n 100 MHz DDR-stelsel 'n effektiewe kloktempo van 200 MHz hê in vergelyking met die ekwivalente SDRAM
IP-adres
'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
Rekenaarprogrammering
Rekenaarprogrammering is die ontwerp en skryf van programme in programmeertale deur 'n rekenaarprogrammeur sodat dit op 'n rekenaar uitgevoer kan word. In meer besonderhede is dit die implementering van een of meer verwante abstrakte algoritmes en/of datastrukture, deur gebruik te maak van 'n programmeertaal om 'n werkende rekenaarprogram te skep. Programmering bevat elemente van kuns, wetenskap, wiskunde en ingenieurswese
Uitlaatgas
Die uitlaatgas van 'n motor is die resultaat van die verbrandingsreaksie in 'n enjin se verbrandingskamer
Wiki
'n Wiki of wiki is 'n webwerf wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik
Motorvoertuig
'n Motorvoertuig is 'n voertuig wat deur sy eie enjin aangedryf word en gebruik word om mense, diere en goedere te vervoer. Soms word die woorde 'motor', 'motorkar' en 'kar' gebruik as kort vir motorvoertuig. Verskillende tipes motorvoertuie sluit in motorkarre (sedans), busse, vragmotors, motorfietse en bakkies
Hoëtrouklank
Hoëtrouklank is klank wat geproduseer word deur elektroniese klankstelsels waarvan die gehalte so goed is dat dit as 'n feitlik getroue weergawe van die oorspronklike beskou kan word. Sedert die vyftigerjare word die term "hi-fi" ook as sinoniem vir versterkers en platespelers gebruik
Bedryfsingenieurswese
Bedryfsingenieurswese gaan oor die beplanning, ontwerp, verbetering, meting en bestuur van bedryfstelsels waarvan die kernkomponente bestaan uit strategie, prosesse en hulpbronne
Vergasser
Die vergasser is 'n toestel wat lug en brandstof meng vir 'n binnebrandenjin. Vergassers kan nog steeds aangetref word in klein enjins en in ouer of gespesialiseerde voertuie. Die meeste voertuie word egter deesdae toegerus met brandstofinspuitingstelsels eerder as vergassers. Die oorgrote meerderheid motorfietse word egter steeds van vergassers voorsien as gevolg van die laer gewig en koste daarvan. Ten spyte daarvan is die nuwe tendens om nuwe motorfietsmodelle ook van brandstofinspuiting te voorsien