2007 Top Ten of Polemic for Society

Hortologie
Hortologie of tuinbou is die tak van landbou wat handel oor die kuns, wetenskap, tegnologie en besigheid van plantverbouing
Patent
'n Patent is 'n stel uitsluitlike regte wat deur die staat aan 'n persoon toegeken word vir 'n vaste tydperk in ruil vir die beheerde, openbare bekendmaking van sekere besonderhede van 'n toestel, tegniek, proses of samestelling van materiale wat nuut is, innoverend en nie voor-die-hand-liggend is nie en bruikbaar is of nywerheidstoepassings het
Argeologie
Argeologie of oudheidkunde is die studie van menslike kulture deur die herwinning, dokumentering en analise van materiële oorblyfsels, insluitende argitektuur, kunsprodukte, oorblyfsels van lewende organismes insluitend menslike oorblyfsels en die studie van die landskap waarin die mense gewoon het. Die doel van argeologie is om lig te werp op die langtermyn voorgeskiedenis, geskiedenis, gedragspatrone en kulturele ewolusie van die mens. Dit is die enigste vakgebied wat die metodiek beskryf vir die
Burgernet
Burgernet is 'n samewerkingsooreenkoms van burgers en polisie in Nieuwegein, Nederland. Dit is gestig om kinders op te spoor, kriminele op heterdaad te betrap, verdwaalde oumense te vind, gesteelde motors te vind, ens. By Burgernet deel die polisie met 'n meldkamerstelsel tegelyk met baie burgers inligting na aanleiding van noodroepe. Die burgers, wat tydens 'n Burgernetaksie gebel word, is mense wat hulle aangemeld het om aan die Burgenet-stelsel deel te neem en wat in die onmiddellike omgewing van die
Wet op basiese diensvoorwaardes
Die Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997 was op 26 November 1997 goedgekeur en het op 1 Desember 1998 inwerking getree
Damaras
Die Damaras is 'n volk in Namibië wat vandag sowat 182 487 tel en wie se klassifikasie as negroïde volk sedert 1969 deur antropoloë bevraagteken word. Hulle verskil heeltemal van die Namas, met wie hulle 'n taal deel, en die ander swart stamme van Suider-Afrika. Oor die werklike herkoms van die Damaras kan net bespiegel word
Reg
Die reg is al die reëls in 'n samelewing wat deur bevoegde owerhede neergelê is om die gedrag van en verhouding tussen regsubjekte te reguleer deur middel van strawwe wat daarop gemik is om afwykende gedrag en versteurde verhoudings reg te stel
Lavazza
Lavazza is die grootste vervaardiger van koffie en espresso in Italië wat tans 'n markaandeel van 48 persent het. Die Turynse onderneming, wat reeds vier generasies lank in besit van die Lavazza-familie is, het filiaalmaatskappye in meer as 90 lande vir die internasionale bemarking en verspreiding van koffieprodukte en -masjiene. Die Lavazza-groep self bestaan uit 'n dertigtal ondernemings wat regstreeks of indirek deur die Turynse moedermaatskappy Luigi Lavazza S.p.A. bestuur word
Pakt-regering
Die Pakt-regering is 'n koalisieregering wat van 1924 tot 1933 in Suid-Afrika aan die bewind was
Kinderslawerny
Die verskil tussen kinderarbeid en kinderslawerny is in 1989 by die "Convention on the Rights of the Child" vasgestel. Daar is besluit dat kinders 'n reg op formele onderrig het. Kinders wat werk het nie die geleentheid om daardie onderrig te ondergaan nie