2007 Top Ten of Polemic for Religion
- Evangelie volgens Judas
- Die Evangelie volgens Judas is ’n gnostiese dokument wat tussen die jare 130 en 170 na Christus dateer. Dit beslaan ongeveer 26 papirusblaaie. Die Engelse vertaling, deur Kasser, Meyer en Wurst, wat ongeveer sewe A4 bladsy vul, is op 6 April 2006 deur die National Geographic Society gepubliseer
- Heilige Graal
- Die Heilige Graal is een van die bekendste mites van die Westerse geskiedenis en letterkunde wat die soektog na 'n baie begeerlike voorwerp beskryf. Die vroegste bronne van die Graal-tematiek is waarskynlik nie van Christelike oorsprong nie. Die graalslegendes is blykbaar verwerkings van ou Keltiese motiewe uit die Mabinogion, soos byvoorbeeld koning Artus se reis na die ketel van Annwn. Die Graal-tematiek vermeng moontlik kenmerke van ou vrugbaarheidskulte, Keltiese mites waarin horings of ketels van
- Kerk (gebou)
- Die term kerkgebou verwys in die algemeen na 'n gebou wat deur 'n Christelike gemeenskap vir byeenkomste gebruik word. Die woord is afgelei van die Griekse kyriake – kerke word gevolglik ook dikwels godshuise genoem. Christelike kerke word saam met die geboue van ander godsdienste ook sakrale geboue genoem
- God
- Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
- Godsdiens
- Godsdiens bestaan uit verskeie stelsels gelowe en praktyke wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word
- Protestantisme
- Die Protestantisme is soos die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk een van die belangrikste strominge in die Christendom. Die beweging het ontstaan in die 16de eeu na 'n wegbreek van die Rooms-Katolieke Kerk nadat verskillende teoloë, onder andere Maarten Luther, Huldrych Zwingli en Johannes Calvyn, in konflik geraak het met die Rooms-Katolieke Kerk oor die leer en praktyk in die kerk
- Kruistog
- Die Kruistogte was 'n reeks godsdiensoorloë wat in die Middeleeue deur die Christelike Latynse Kerk begin, gesteun en soms aangevoer is. Die bekendste van dié militêre veldtogte was dié in die tydperk tussen 1095 en 1291 na die Heilige Land met die doel om Jerusalem en die omringende gebied van Moslemse heerskappy te bevry. In die Eerste Kruistog, wat gelei het tot die oorwinning van Jerusalem in 1099, is dosyne militêre veldtogte gereël wat eeue lank die fokuspunt van Europese geskiedenis was. Die
- Jerusalem
- Jerusalem is die hoofstad en grootste nedersetting van Israel met 'n bevolking van 933 113. Die stad lê tussen die Middellandse See in die weste en die Dooie See in die ooste. Jerusalem is die Heilige stad van die drie Abrahamitiese gelowe Judaïsme, Christendom en Islam. Jerusalem is saam met Hebron, Safed en Tiberias een van die vier heilige stede binne Judaïsme. In Islam is Jerusalem die derde heiligste stad net na Mekka en Medina
- 95 stellings
- Die 95 stellings is 'n lys van stellings wat in 1517 deur Martin Luther, professor van morele teologie aan die Universiteit van Wittenberg in Duitsland, geskryf is. Luther het op 31 Oktober 1517, 'n dag voor die Feesdag van Allerheilige, die 95 stellings teen een of meer kerkdeure in Wittenberg vasgespyker, en hierdie datum word gesien as die begin van die Protestantse Hervorming. Die 95 stellings het die Rooms-Katolieke leer oor saligheid in etlike verklarings weerlê, en Luther het dit gestaaf met
- Koran
- Die Koran is die Heilige Skrifte van die Islam, wat die openbaring bevat wat Mohammed klaarblyklik van die engel Gabriël ontvang het. Ná Mohammed se dood is die openbarings uit aantekeninge en mondelinge oorlewering versamel en geredigeer. Die oudste Koran-redaksie sou dié van kalief Oethman wees. Ander spellings is Quran, Koer'aan Qoer'aan of Qur