2007 Top Ten of Polemic for Nature

Bosveldfisant
Bosveldfisant is 'n voël in die familie van fisantagtiges (Phasianidae). Die Latynse spesienaam gedenk William Swainson, 'n Engelse ornitoloog
Koninkryk (biologie)
'n Koninkryk in die wêreld van biologie is die hoogste vlak van die wetenskaplike klassifikasie van organismes
Melkweg
Die Melkweg is die sterrestelsel wat ons sonnestelsel bevat. Die naam verwys na sy voorkoms as ’n dowwe, gloeiende strook teen die uitspansel waarin die menslike oog nie individuele sterre kan onderskei nie. Dit is ’n vertaling van die Latynse Via Lactea, wat afgelei is van die Griekse woord γαλαξίας, galaxías
Digtheid
Digtheid dui op die hoeveelheid stof per volume of op die aantal items per volume of oppervlakte. Die digtheid van 'n stof is 'n mate van massa per eenheid volume. Hoe hoër 'n voorwerp se digtheid, hoe hoër is sy massa per volume. Die gemiddelde digtheid van 'n voorwerp is gelyk aan sy totale massa gedeel deur sy totale volume. 'n Meer digte voorwerp het minder volume as 'n gelyke massa van 'n minder digte stof
Ierland
Ierland is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer. Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste
Diamant
'n Diamant is 'n klein kosbare, skitterende steen en die hardste edelsteen én hardste natuurlike materiaal wat daar is. Diamante se gewig word in karaat bepaal. Die grootste sierdiamant ooit gevind is die Cullinan-diamant van 3 024.75 karaat
Gehoorapparaat
'n Gehoorapparaat of 'n gehoortoestel is 'n toestel wat diegene met doofheid beter help hoor. Voor die aankoms van die moderne toestelle, is 'n tregteragtige versterkingskegel, genaamd 'n oortrompet", gebruik
Foksterriër
Die naam Foksterriër verwys na 'n honderas wat oorspronklik in Engeland in die middel-19de eeu geteel is. Daar is hoofsaaklik twee soorte: steekhaar en gladdehaar, maar ander soorte soos Jack Russell-terriërs word ook erken
Olifant
Die olifant (Elephantidae) is 'n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die Afrika Savanne-olifant wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom
Evolusie
In biologie is evolusie die proses waardeur nuwe trekke in bevolkings ontwikkel en dié dan voortgedra word van geslag tot geslag. Met die verloop van duisende jare het die proses nuwe spesies ontwikkel, tot vandag se 1 562 663 spesies. Die filogenetiese "boom" op die regterkant toon die oorspronklike gemeenskaplike stam van, en latere verhoudings tussen die drie hoofdomeine van lewende wesens aan