2007 Top Ten of Polemic for Mathematics
- Oppervlakte
- Oppervlakte of area is die grootheidsuitdrukking van 'n tweedimensionele grootte van 'n gedefinieerde deel van 'n oppervlakte, tipies 'n gebied begrens deur 'n geslote kromme. Die term oppervlakte area verwys na die totale area van die ontblote oppervlaktes in 'n driedimensionele ruimteliggaam, soos die som van die areas van die ontblote kante van 'n poliëder (veelvlak). Die oppervlakte, simbool: A, dui die grootte van 'n tweedimensionele gebied aan. Die term oppervlakte word ook dikwels gebruik om die
- Natuurlike getal
- Natuurlike getalle is 'n versameling van getalle in wiskunde wat vir tel en rangskikking gebruik word. Sommige bronne definieer die natuurlike getalle as die versameling van nie-negatiewe heelgetalle 0, 1, 2, 3, …, terwyl ander bronne dit as die versameling van positiewe heelgetalle 1, 2, 3, … definieer. Selfs ander bronne verskaf beide definisies; onderskeid word dan tussen die twee definisies getref deur middel van notasie, byvoorbeeld ℕ0 vir die nie-negatiewe heelgetalle en ℕ+ vir die positiewe
- Epitrogoïed
- 'n Epitrogoïed is 'n roulette afgetrek deur 'n punt op 'n sirkel met radius b wat om die buitekant van 'n stilstaande sirkel met radius a rol, waar die punt 'n afstand h van die middelpunt van die buitenste sirkel is
- Algebra
- Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie
- Statistiek
- Statistiek word meermale beskryf as die wetenskap wat met die insameling en ontleding van data (waarnemings) te make het, asook met die maak van gevolgtrekkings en die neem van besluite op grond van dié ontledings. Dit is gebaseer op statistiese teorie wat 'n vertakking is van toegepaste wiskunde. In statistiese teorie word willekeurigheid en onsekerheid gemodelleer deur van waarskynlikheidsleer gebruik te maak. Die beoefening van statistiek behels die beplanning, opsomming en interpretasie van sekere
- Driedimensioneel
- Driedimensioneel, dikwels afgekort as 3D, dui op voorwerpe wat drie meetkundige dimensies het: lengte, breedte en hoogte. Voorbeelde van driedimensionele voorwerpe is 'n bol, piramide of skoendoos
- Klotoïde
- Die Klotoïde,, Cornu-spiraal of Euler-spiraal is 'n kromme wat 'n simmetriese dubbelspiraal beskryf waarvan die kromming toeneem met toenemende booglengte. Die krommingsradius is omgekeerd eweredig aan die hoek gemeet van die oorsprong. Dit staan ook as 'n spinkromme bekend na aanleiding daarvan dat die grafiek wat van een konfergensiepunt tot by die ander loop soos 'n garingtol lyk wat omgespin is
- Ellips
- 'n Ellips is kortliks 'n ovaal: 'n figuur soos ’n sirkel, maar met twee kante wat effens langer en platter is. 'n Lyn wat die verste punte verbind, word die groot, hoof- of lengteas genoem. 'n Lyn wat die naaste punte verbind, word die klein, kort- of breedteas genoem
- Meter
- Die meter is die SI-basiseenheid van lengte. Dit word gedefinieer as die afstand wat lig aflê in 'n absolute vakuum in 'n tydsinterval van 1 / 299 792 458 van 'n sekonde
- Abakus
- 'n Abakus is 'n rekenkundige toestel, dikwels saamgestel as 'n houtraam met krale wat op drade gly. Dit was in gebruik eeue voor die aanvaarding van die geskrewe Hindoe-Arabiese numeriese stelsel en word steeds algemeen gebruik deur handelaars en klerke in China en elders