2007 Top Ten of Polemic for Culture

Nougat
Nougat is 'n lekkerny wat van suiker of heuning, geroosterde neute en soms stukkies vrugte gemaak word. Die konsistensie van nougat wissel van harde- tot sagtenougat, afhangende van die bestanddele
Negrologie
Negrologie – Waarom Afrika vergaan is 'n omstrede boek, wat deur die Amerikaans-Duitse joernalis en gewese Afrika-redakteur van die gesaghebbende Franse koerant Le Monde, Stephen Smith, geskryf en in 2003 in Frankryk vrygestel is. Stephen Smith het meer as twintig jaar se ervaring as Afrika-verslaggewer en word as een van die voorste Afrikakenners in Europa beskou
Televisie
Televisie (TV) is 'n telekommunikasiestelsel vir uitsaai en ontvangs van bewegende prente in monochroom (swart-en-wit), of in kleur, en klank oor 'n afstand oor te dra. Die term kan verwys na 'n televisiestel, 'n televisieprogram of die medium van televisie-transmissie. Televisie is 'n massamedium vir advertensies, vermaak en nuus
Selfportret (Opgedra aan Paul Gauguin)
Selfportret (Opgedra aan Paul Gauguin) is 'n selfportret wat die Nederlandse skilder Vincent van Gogh in 1888 in Arles, Frankryk, geskilder het
Dibeke
Dibeke of skununu is 'n balspeletjie inheems aan Suid-Afrika met spanne van twaalf spelers elk wat beurte neem as aanvallers en verdedigers wat lopies probeer behaal. Die sport is 'n sokkeragtige weergawe van stingers of dodge ball wat met 'n plastiek bal gespeel word. Die bal word sover as moontlik van die verdedigende span af geskop en dan word daar oor die veld gehardloop terwyl gepoog word om nie deur die bal getref te word nie
Kaapse Afrikaans
Kaapse Afrikaans het ontstaan weens die gebruik van Nederlands deur die slawe- en inheemse gemeenskap wat saam met die Nederlanders aan die Kaapse Skiereiland gevestig is. Geografies word die Afrikaanse dialekte in drie hoofgroepe verdeel: Kaapse Afrikaans, Oosgrens-Afrikaans en Oranjerivier-Afrikaans
Sokker
Sokker, soms ook voetbal, is 'n spansport wat tussen twee spanne met elk elf spelers gespeel word, en dikwels as die gewildste sportsoort ter wêreld beskou word. Dit is 'n balspel wat op 'n reghoekige grasveld gespeel word. Die doel van die spel is om punte aan te teken deur die bal in die teenstanders se doelhok te skop. Een van die uitstaande kenmerke van die spel is dat geen spelers behalwe die doelwagter hul hande of arms mag gebruik om die bal te manipuleer nie. Die wenner is die span wat die meeste
SV Schermbeck
SV Schermbeck is 'n sportklub uit Schermbeck in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir swem/waterpolo, handbal, tafeltennis, atletiek en pluimbal
Ensiklopedie
'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis. Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
Argitektuur
Argitektuur is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies. Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken