2007 Top Ten of Polemic
- Nougat
- Nougat is 'n lekkerny wat van suiker of heuning, geroosterde neute en soms stukkies vrugte gemaak word. Die konsistensie van nougat wissel van harde- tot sagtenougat, afhangende van die bestanddele
- Negrologie
- Negrologie – Waarom Afrika vergaan is 'n omstrede boek, wat deur die Amerikaans-Duitse joernalis en gewese Afrika-redakteur van die gesaghebbende Franse koerant Le Monde, Stephen Smith, geskryf en in 2003 in Frankryk vrygestel is. Stephen Smith het meer as twintig jaar se ervaring as Afrika-verslaggewer en word as een van die voorste Afrikakenners in Europa beskou
- Outremer
- Outremer is die historiese naam vir die gebied van die Christelike kruisvaarderstate, wat na die Eerste Kruistog langs die Levantynse kus gestig is, veral die Koninkryk van Jerusalem
- Televisie
- Televisie (TV) is 'n telekommunikasiestelsel vir uitsaai en ontvangs van bewegende prente in monochroom (swart-en-wit), of in kleur, en klank oor 'n afstand oor te dra. Die term kan verwys na 'n televisiestel, 'n televisieprogram of die medium van televisie-transmissie. Televisie is 'n massamedium vir advertensies, vermaak en nuus
- Bosveldfisant
- Bosveldfisant is 'n voël in die familie van fisantagtiges (Phasianidae). Die Latynse spesienaam gedenk William Swainson, 'n Engelse ornitoloog
- Selfportret (Opgedra aan Paul Gauguin)
- Selfportret (Opgedra aan Paul Gauguin) is 'n selfportret wat die Nederlandse skilder Vincent van Gogh in 1888 in Arles, Frankryk, geskilder het
- Marthinus Versfeld
- Marthinus Versfeld was ’n Suid-Afrikaanse filosoof en professor in die Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad. Hy skryf verskeie filosofiese boeke en essays in Afrikaans en Engels
- Rekenaarwetenskap
- Rekenaarwetenskap is die studie van berekening en inligtingverwerking, asook die implementering daarvan in inligtingstegnologie, in beide hardeware (apparatuur) en sagteware (programmatuur). In die praktyk omvat dit 'n wye aantal velde – van die abstrakte studie van algoritmes, en formele grammatikas tot meer konkrete onderwerpe soos programmeertale, bedryfstelsels, rekenaarnetwerke, databasisse en beheerstelsels. As 'n wetenskaplike dissipline, sluit dit aan by wiskunde, fisika en elektronika, maar
- DDR SDRAM
- DDR SDRAM of dubbele datasnelheid sinkrone dinamiese ewetoeganklike geheue is 'n soort geïntegreerde stroombaangeheue wat in rekenaars gebruik word. Dit behaal 'n hoër bandwydte as gewone SDRAM deur data oor te dra op die stygende asook vallende rande van die kloksein. Dit verdubbel byna die oordragstempo sonder om die frekwensie van die voorste bus te verhoog. Sodoende kan 'n 100 MHz DDR-stelsel 'n effektiewe kloktempo van 200 MHz hê in vergelyking met die ekwivalente SDRAM
- Dibeke
- Dibeke of skununu is 'n balspeletjie inheems aan Suid-Afrika met spanne van twaalf spelers elk wat beurte neem as aanvallers en verdedigers wat lopies probeer behaal. Die sport is 'n sokkeragtige weergawe van stingers of dodge ball wat met 'n plastiek bal gespeel word. Die bal word sover as moontlik van die verdedigende span af geskop en dan word daar oor die veld gehardloop terwyl gepoog word om nie deur die bal getref te word nie