2007 Top Ten of Conflict for Society
- Patent
- 'n Patent is 'n stel uitsluitlike regte wat deur die staat aan 'n persoon toegeken word vir 'n vaste tydperk in ruil vir die beheerde, openbare bekendmaking van sekere besonderhede van 'n toestel, tegniek, proses of samestelling van materiale wat nuut is, innoverend en nie voor-die-hand-liggend is nie en bruikbaar is of nywerheidstoepassings het
- Argeologie
- Argeologie of oudheidkunde is die studie van menslike kulture deur die herwinning, dokumentering en analise van materiële oorblyfsels, insluitende argitektuur, kunsprodukte, oorblyfsels van lewende organismes insluitend menslike oorblyfsels en die studie van die landskap waarin die mense gewoon het. Die doel van argeologie is om lig te werp op die langtermyn voorgeskiedenis, geskiedenis, gedragspatrone en kulturele ewolusie van die mens. Dit is die enigste vakgebied wat die metodiek beskryf vir die
- Geld
- Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel. Byvoorbeeld, volgens Maslow se behoeftehiërargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primêr. Dit wil sê in sulke omstandighede van oorlewing het goud geen waarde nie, want dit kan geen voedsel of beskerming aan die mense voorsien nie. Voedsel, klere en skuiling sal dit wees waarna die mens soek. Die vraag is, hoe het "geld" die simbool vir waarde geword
- Wet op basiese diensvoorwaardes
- Die Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997 was op 26 November 1997 goedgekeur en het op 1 Desember 1998 inwerking getree
- Vincent van Gogh
- Vincent Willem van Gogh word aanvaar as die beste Nederlandse skilder naas Rembrandt van Rijn, alhoewel hy slegs een skildery tydens sy eie leeftyd verkoop het. Hy het al sy werk - 'n indrukwekkende totaal van 900 skilderye en 1100 sketse - geproduseer gedurende 'n periode van slegs die dekade voor sy selfmoord. Na sy dood, met behulp van die uitstalling van 71 van sy werke in Parys, op 17 Maart 1901, het sy roem vinnig toegeneem
- Hortologie
- Hortologie of tuinbou is die tak van landbou wat handel oor die kuns, wetenskap, tegnologie en besigheid van plantverbouing
- Ekonomie
- Ekonomie is die sosiale wetenskap wat die produksie en verbruik van meetbare middele bestudeer. Dit behels die analise van die produksie, verspreiding en verbruik van goedere en dienste. Volkshuishouding is 'n verouderde term vir ekonomie
- Politiek
- Politiek is die proses en metode van besluitneming vir groepe mense. Politiek is die versameling aktiwiteite wat verband hou met die neem van besluite in groepe, of ander vorme van magsverhoudinge tussen individue, soos die verspreiding van hulpbronne of status. Die akademiese studie van politiek word Politieke wetenskap (politikologie) genoem en is die ondersoek van politieke optrede, en bestudeer die verkry en toepassing van mag, wat die afdwing van iemand se wil op 'n ander is
- Reg
- Die reg is al die reëls in 'n samelewing wat deur bevoegde owerhede neergelê is om die gedrag van en verhouding tussen regsubjekte te reguleer deur middel van strawwe wat daarop gemik is om afwykende gedrag en versteurde verhoudings reg te stel
- Europese Unie
- Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is