2007 Top Ten of Conflict for Religion

Protestantisme
Die Protestantisme is soos die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk een van die belangrikste strominge in die Christendom. Die beweging het ontstaan in die 16de eeu na 'n wegbreek van die Rooms-Katolieke Kerk nadat verskillende teoloë, onder andere Maarten Luther, Huldrych Zwingli en Johannes Calvyn, in konflik geraak het met die Rooms-Katolieke Kerk oor die leer en praktyk in die kerk
Christendom
Die Christendom is 'n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. Christene glo in een God as Drie-eenheid: God die Vader, God die Seun en die Heilige Gees. Dit is ook die grootste godsdiens in die wêreld. Die Bybel is Christene se heilige boek, hulle aanbid in kerke en die kruis is hul simbool. Die Bybel bestaan uit 39 Ou Testament en 27 Nuwe Testament boeke. 'n Belangrike onderdeel van die
Kruistog
Die Kruistogte was 'n reeks godsdiensoorloë wat in die Middeleeue deur die Christelike Latynse Kerk begin, gesteun en soms aangevoer is. Die bekendste van dié militêre veldtogte was dié in die tydperk tussen 1095 en 1291 na die Heilige Land met die doel om Jerusalem en die omringende gebied van Moslemse heerskappy te bevry. In die Eerste Kruistog, wat gelei het tot die oorwinning van Jerusalem in 1099, is dosyne militêre veldtogte gereël wat eeue lank die fokuspunt van Europese geskiedenis was. Die
Godsdiens
Godsdiens bestaan uit verskeie stelsels gelowe en praktyke wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word
God
Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
Jesus van Nasaret
Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
Evangelie volgens Judas
Die Evangelie volgens Judas is ’n gnostiese dokument wat tussen die jare 130 en 170 na Christus dateer. Dit beslaan ongeveer 26 papirusblaaie. Die Engelse vertaling, deur Kasser, Meyer en Wurst, wat ongeveer sewe A4 bladsy vul, is op 6 April 2006 deur die National Geographic Society gepubliseer
Jerusalem
Jerusalem is die hoofstad en grootste nedersetting van Israel met 'n bevolking van 933 113. Die stad lê tussen die Middellandse See in die weste en die Dooie See in die ooste. Jerusalem is die Heilige stad van die drie Abrahamitiese gelowe Judaïsme, Christendom en Islam. Jerusalem is saam met Hebron, Safed en Tiberias een van die vier heilige stede binne Judaïsme. In Islam is Jerusalem die derde heiligste stad net na Mekka en Medina
Koran
Die Koran is die Heilige Skrifte van die Islam, wat die openbaring bevat wat Mohammed klaarblyklik van die engel Gabriël ontvang het. Ná Mohammed se dood is die openbarings uit aantekeninge en mondelinge oorlewering versamel en geredigeer. Die oudste Koran-redaksie sou dié van kalief Oethman wees. Ander spellings is Quran, Koer'aan Qoer'aan of Qur
Bybel
Die Bybel is die heilige boek van Christendom, Judaïsme, Rastafarianisme en Samaritaïsme. Die Joodse Bybel of Tanag het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel