2007 Top Ten of Conflict for Nature
- Aarde
- Die Aarde is die derde naaste planeet aan die Son. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste rotsplaneet wat deursnee, massa en digtheid betref. Die Aarde is die tuiste van miljoene spesies, waaronder die mens, en is die enigste plek in die heelal waar sover bekend lewe bestaan. Die planeet het 4,54 miljard jaar gelede ontstaan en lewe het binne die volgende miljard jaar op sy oppervlak verskyn. Dit het die Aarde se atmosfeer en oppervlak beïnvloed, wat weer gelei het tot die
- Diamant
- 'n Diamant is 'n klein kosbare, skitterende steen en die hardste edelsteen én hardste natuurlike materiaal wat daar is. Diamante se gewig word in karaat bepaal. Die grootste sierdiamant ooit gevind is die Cullinan-diamant van 3 024.75 karaat
- Ierland
- Ierland is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer. Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste
- Energie
- Energie, algemeen en kwalitatief gesproke, is die eienskap waardeur die doen van dinge of die verskaffing van krag moontlik gemaak word. Die uitdrukkings "energie" en "krag" word soms foutiewelik as sinoniem gebruik, maar dit het verskillende betekenisse op beide die wetenskaplike en nie-wetenskaplike gebiede. Fisika poog om die eienskap kwantitatief te beskryf en gee daaraan 'n definisie wat dit moontlik maak om energie as 'n beskrywing van 'n algehele toestand te beskou en die verskillende maniere waarop
- Saturnus
- Saturnus is die sesde planeet van die Son af. Dit is 'n gasreus en die tweede grootste planeet in die sonnestelsel ná Jupiter. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Saturnus en sy simbool is 'n ligatuur van die Griekse letters kappa-rho, vir Saturnus se Griekse naam Cronus
- Penis
- Die penis of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan wat by soogdiere ook gebruik word vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanuit dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en dan gebruik word vir seksuele omgang of masturbasie
- Digtheid
- Digtheid dui op die hoeveelheid stof per volume of op die aantal items per volume of oppervlakte. Die digtheid van 'n stof is 'n mate van massa per eenheid volume. Hoe hoër 'n voorwerp se digtheid, hoe hoër is sy massa per volume. Die gemiddelde digtheid van 'n voorwerp is gelyk aan sy totale massa gedeel deur sy totale volume. 'n Meer digte voorwerp het minder volume as 'n gelyke massa van 'n minder digte stof
- Chemie
- Chemie of skeikunde is die wetenskap van materie en die interaksie daarvan met energie. As gevolg van die wye verskeidenheid materie, is chemici dikwels betrokke in die strewe om die wisselwerking tussen atome en molekules wat daaruit gevorm word te bestudeer en te verstaan. Die term "skeikunde" in Afrikaans moet nie verwar word met die onderwerp wat in Engels bekend staan as "separation technology" nie
- Renoster
- Die renoster is die grootste lewende landsoogdier met die uitsondering van die olifant. Daar bestaan tans vyf spesies renosters wêreldwyd: drie spesies in Asië en twee in Afrika. Albei spesies van Afrika, naamlik die witrenoster en die skaarser swartrenoster, is ook inheems aan Suid-Afrika. Die meeste renosters is bedreigde spesies
- Stikstof
- Stikstof is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool N en atoomgetal van 7. Dit is normaalweg 'n kleurlose, reuklose, smaaklose en meestal taamlik onreaktiewe diatomiese nie-metaal gas. Stikstof beslaan ongeveer 78 persent van die Aarde se atmosfeer en is 'n bousteen van alle lewende weefsels. Stikstof vorm baie belangrike verbindings soos ammoniak, salpetersuur en sianiede