2007 Top Ten of Conflict for Geography
- Verenigde State van Amerika
- Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
- Duitsland
- Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
- Nederland
- Nederland, informeel Holland, is 'n land in die noordweste van die Europese vasteland en bestaan uit 12 provinsies. Dit word begrens deur die Noordsee in die noorde en weste, België in die suide en Duitsland in die ooste; in die Noordsee grens Nederland ook aan die Verenigde Koninkryk. Die hoofstad is Amsterdam en die regeringsetel is Den Haag. Die Karibiese eilande Bonaire, Saba en Sint Eustatius maak ook deel van Nederland uit. Saam met die Karibiese eilande Aruba, Curaçao en Sint Maarten vorm
- Verenigde Koninkryk
- Die Verenigde Koninkryk of Brittanje, amptelik die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland, is die grootste eilandstaat in Europa en bestaan uit die vier lande Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland. Dit is noordwes van die Europese vasteland op die hoofeiland Groot-Brittanje geleë en beslaan daarnaas ook sowat 'n sesde van sy westelike buureiland Ierland (Noord-Ierland). Die staatsgebied word omring deur die Noordsee in die ooste, die Engelse Kanaal in die suide en die Atlantiese
- Iran
- Iran, amptelik die Islamitiese Republiek Iran, is 'n land in die Midde-Ooste, wat deur Azerbeidjan, Armenië en Turkmenistan in die noorde, Pakistan en Afghanistan in die ooste en Turkye en Irak (Koerdistan) in die weste begrens word. Die land het vroeër in die Westerse lande as Persië bekendgestaan
- Japan
- Japan is 'n eilandnasie in Oos-Asië. Dit is geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse Skiereiland, China en Rusland, en strek van die See van Ochotsk in die noordooste tot by die Oos-Chinese See in die suidweste. Die karakters waaruit Japan se naam bestaan beteken "son-oorsprong" wat aanleiding gee tot die naam "land van die opkomende son", en wat verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiatiese vasteland
- Rusland
- Rusland, amptelik die Russiese Federasie, is 'n land wat gedeeltelik in Europa en gedeeltelik in Asië lê. Die land lê egter vanuit 'n politieke oogpunt in Europa omdat die belangrikste deel, ook die hoofstad, Moskou, Europees is en sowat 70 persent van die bevolking daar woon
- Berlyn
- Berlyn is die hoofstad van Duitsland en is die grootste stad in dié land wat sowel oppervlakte as bevolking betref. Die stad het 'n bevolking van 3,77 miljoen van binne die stadsgrense en sowat 6,2 miljoen in die metropolitaanse gebied wat onder meer Potsdam insluit. Die getal buitelandse inwoners het op 31 Desember 2020 789 076 beloop. Die grootste Turks- en Russiessprekende gemeenskappe word hier in Europa aangetref. Berlyn is tans die grootste stad in die Europese Unie met een van die grootste
- Afrika
- Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking
- Italië
- Italië, amptelik die Italiaanse Republiek, is 'n land in Suid-Europa wat – naas die Povlakte in Noord-Italië – grotendeels uit die stewelvormige Appenyne-skiereiland sowel as twee groot eilande in die Middellandse See bestaan: Sisilië (Sicilia) en Sardinië (Sardegna). Daarbenewens behoort kleiner eilande in die Middellandse See soos Capri en Elba ook tot Italië. Die land het 'n gematigde Sentraal-Europese klimaat in die noorde en 'n Mediterreense in die suidelike landsdele