2007 Top Ten of Conflict for Culture

Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Afrikaans
Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal, wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het
Sokker
Sokker, soms ook voetbal, is 'n spansport wat tussen twee spanne met elk elf spelers gespeel word, en dikwels as die gewildste sportsoort ter wêreld beskou word. Dit is 'n balspel wat op 'n reghoekige grasveld gespeel word. Die doel van die spel is om punte aan te teken deur die bal in die teenstanders se doelhok te skop. Een van die uitstaande kenmerke van die spel is dat geen spelers behalwe die doelwagter hul hande of arms mag gebruik om die bal te manipuleer nie. Die wenner is die span wat die meeste
Ensiklopedie
'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis. Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
ABBA
ABBA (1972–1983) was 'n Sweedse popmusiekgroep. Hulle bly tot vandag toe die suksesvolste Sweedse musiekgroep en was een van die gewildste sanggroepe in die wêreld. Die groep het die topposisies op musieklyste wêreldwyd gedurende die middel-tot-laat 1970's en vroeë 1980's gedomineer, en het treffer-enkelsnitte en -albums verkoop. ABBA se verkope word wêreldwyd op 100 tot 500 miljoen kopieë geraam, wat hulle die tweede suksesvolste musiekgroep van alle tye, na die Beatles, sou maak. Hulle was die
Sudoku
Sudoku is a kopkrapper wat gegrond is op 'n logiese plasing van syfers in 'n 9×9 rooster. Hierdie rooster bestaan op sy beurt uit nege 3×3 roosters, en word afgeskop met verskeie syfers wat in party selle voorsien is. In elke ry, kolom en 3×3 rooster mag enige syfer slegs een maal voorkom. Om die kopkrapper te voltooi verg uithouvermoë en logiese vaardigheid. Alhoewel die raaisel vir die eerste keer in 1895 in 'n Franse koerant gepubliseer is, het dit gedurende 1986 in Japan 'n oplewing beleef, en het
Nougat
Nougat is 'n lekkerny wat van suiker of heuning, geroosterde neute en soms stukkies vrugte gemaak word. Die konsistensie van nougat wissel van harde- tot sagtenougat, afhangende van die bestanddele
Musiek
Musiek is 'n vorm van kuns wat georganiseerde klanke en stiltes bevat. Dit word uitgedruk in terme van toonhoogte, ritme en die kwaliteit van klank. Musiek kan gebruik word vir die kunssinnige of die estetiese, kommunikasie, vermaak of seremoniese doeleindes. Die definisie van wat musiek behels verskil afhangende van die kultuur en sosiale sinsverband. Verskillende interpretasies van die term word ook as sub-genres van die kuns aanvaar
Arabies
Arabies is die taal van die Arabiere, wat ook die hooftaal in Noord-Afrika, die Midde-Ooste en die Horing van Afrika is. Dit is 'n Semitiese taal wat deur 242 miljoen mense as hulle moedertaal beskou word en deur vele meer as ampstaal en/of liturgiese taal aangewend word. Dit word as sesde werkstaal van die Verenigde Nasies erken. Arabies is die amptelike taal van 28 lande, die derde meeste naas Engels en Frans. Daarbenewens is dit 'n belangrike minderheidstaal in lande soos Iran en Turkye. Arabies word in
Rugby
Rugby, soms ook rugbyunie of vyftienrugby genoem, is ’n volkontakbal- en spansport, wat in die eerste helfte van die 19de eeu in Engeland ontstaan het. Dit is genoem na sy ontstaanplek, die Rugby-skool in die dorp Rugby. Dit is saam met Rugby League een van twee hoofvariante in die rugbyfamilie. ’n Wedstryd word uitgespeel tussen twee spanne met 15 spelers elk, wat op ’n reghoekige veld probeer om in 80 minute meer punte as hul opponent aan te teken. Spelers speel met ’n eiervormige bal wat hulle