2006 Top Ten of Polemic for Society
- Burgernet
- Burgernet is 'n samewerkingsooreenkoms van burgers en polisie in Nieuwegein, Nederland. Dit is gestig om kinders op te spoor, kriminele op heterdaad te betrap, verdwaalde oumense te vind, gesteelde motors te vind, ens. By Burgernet deel die polisie met 'n meldkamerstelsel tegelyk met baie burgers inligting na aanleiding van noodroepe. Die burgers, wat tydens 'n Burgernetaksie gebel word, is mense wat hulle aangemeld het om aan die Burgenet-stelsel deel te neem en wat in die onmiddellike omgewing van die
- Naamval
- Naamvalle dui op die vorme wat 'n selfstandige naamwoord kan aanneem om 'n funksie binne 'n sin te verrig
- Reg
- Die reg is al die reëls in 'n samelewing wat deur bevoegde owerhede neergelê is om die gedrag van en verhouding tussen regsubjekte te reguleer deur middel van strawwe wat daarop gemik is om afwykende gedrag en versteurde verhoudings reg te stel
- Ekonomie
- Ekonomie is die sosiale wetenskap wat die produksie en verbruik van meetbare middele bestudeer. Dit behels die analise van die produksie, verspreiding en verbruik van goedere en dienste. Volkshuishouding is 'n verouderde term vir ekonomie
- Antropologie
- Antropologie is die studie van die mens, menslike gedrag en gemeenskappe van die verlede en hede. Sosiale antropologie is ’n studie van gedragspatrone en kultuurantropologie van kulturele betekenis, insluitende norme en waardes. Linguistiese antropologie bestudeer hoe tale die sosiale lewe beïnvloed en biologiese of fisieke antropologie die biologiese ontwikkeling van die mens
- Ego, Superego en Id
- In sy teorie van psigoanalise wou Sigmund Freud die werking van die onderbewuste verstand verduidelik deur te kenne te gee dat dit 'n spesifieke struktuur het. Hy het vorendag gekom met die gedagte dat die self in drie dele verdeel is: die Ego, die Superego en die Id
- Middeljarekrisis
- 'n Middeljare krisis is 'n emosionele toestand wat gekenmerk word deur twyfel en angs waar 'n mens ongemaklik voel oor die gewaarwording dat sy lewe al halfpad verby is. Dit word tipies gekenmerk deur 'n nabetragting deur die individu oor wat hy gedoen en bereik het tot en met daardie tydstip in sy lewe. Daar word gewoonlik deur die individu betrokke gevoel dat hy nie genoeg bereik het nie. Die individu ondervind dikwels verveeldheid met sy lewe, werk en lewensmaat en mag selfs 'n sterk begeerte ontwikkel
- Boesman
- Die Boesmans of die San is 'n volk wat woonagtig is in Suider-Afrika. Hulle was oorspronklik jagter-versamelaars, deel van die Khoisan-groep en verwant aan die Khoikhoi wat, in teenstelling met die San, nomadiese veeboere was. Die Boesmans word beskou as die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika en woon reeds 40 000 jaar lank in die suidweste van die land. Uit die gebied wat vandag as Botswana bekend staan, het die Khoikhoi waarskynlik 2 000 jaar gelede na die Kaapprovinsie getrek, waar hulle die San
- Unesco
- Unesco is die Engelse afkorting vir United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization, 'n spesiale organisasie van die Verenigde Nasies wat in 1945 gestig is en sy hoofkwartier in die Franse hoofstad Parys het. Tans het 192 lande as lede en 'n verdere ses as geassosieerde lede by Unesco aangesluit, waaronder ook Suid-Afrika, een van die twintig stigterslede
- Kopiereg
- 'n Kopiereg of outeursreg is 'n vorm van intellektuele eiendom wat die houer daarvan geregtig om die kopieer en gebruik van 'n oorspronklike, kreatiewe uiting, soos 'n literêre werk, rolprente, musikale werk of klankopname, skildery,
rekenaarprogram of 'n industriële ontwerp te beperk vir 'n gedefinieerde tydperk. In Suid-Afrika word kopiereg gereël deur die Wet op outeursreg en word die tydperk waarvolgens die beskerming voor geldig is gedefinieer as 50
jaar na die eerste bekendstelling aan die publiek