2006 Top Ten of Polemic for Religion
- Jesus van Nasaret
- Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
- Islam
- Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
- God
- Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
- Apostoliese Geloofsending
- Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS) is 'n klassieke Pinkster Christelike denominasie in Suid-Afrika. Met 1,2 miljoen aanhangers is dit Suid-Afrika se grootste Pinksterkerk en die vyfde grootste godsdiensgroepering in Suid-Afrika en verteenwoordig 7,6 persent van die bevolking
- Sciëntologie
- Sciëntologie is 'n filosofies-religieuse beweging wat deur die Amerikaanse filosoof, ontdekkingsreisiger en wetenskapsfiksieskrywer L. Ron Hubbard (1911–1986) ontwikkel is en vir sy volgelinge na bewering 'n presiese pad wys wat hulle in staat stel om hul ware natuur as geestelike wesens en hul verhouding tot hulself, hul familie, ander groepe mense, die mensheid in sy geheel, alle lewensvorme, die materiële heelal, die spirituele heelal en die Opperste Wese of Oneindigheid te ontsleutel. Sciëntologie
- Allah
- Allah, 'n Arabiese woord, is die hoofnaam vir "God" in die Islamitiese godsdiens en die Arabiessprekende Christendom. Allah word in Islam as die enigste godheid beskou en is reeds in voor-Islamitiese tye as die oppergod vereer. Eeue voor die Islamitiese profeet sy eerste beweerde openbaring in 610 n.C. ontvang en hom vervolgens tot die enigste god verklaar het, het die Lihjaniete en Thamoedeërs as voorgeslagte van die huidige Arabiere al hierdie godheid aanbid en is die naam Allah ook reeds met die Kaäba
- 666
- Die jaar 666 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 66ste jaar van die 7de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad
- Protestantisme
- Die Protestantisme is soos die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk een van die belangrikste strominge in die Christendom. Die beweging het ontstaan in die 16de eeu na 'n wegbreek van die Rooms-Katolieke Kerk nadat verskillende teoloë, onder andere Maarten Luther, Huldrych Zwingli en Johannes Calvyn, in konflik geraak het met die Rooms-Katolieke Kerk oor die leer en praktyk in die kerk
- Zoroastrisme
- Die Zoroastrisme is een van die oudste oorlewende monoteïstiese godsdienste op aarde. Hoewel daar vandag wêreldwyd net sowat 250 000 tot 300 000 volgelinge van hierdie antieke godsdiens is, was dit eens die amptelike godsdiens van die magtige Persiese Ryk. Wat die Zoroastrisme ook interessant maak, is dat dit in sekere opsigte verbasend baie ooreenkomste toon met ander antieke godsdienste soos Judaïsme, Islam, Christendom en Manigeïsme
- Apostoliese Kerke
- Die Ou Apostoliese Kerk en Nuwe Apostoliese Kerk, is Christelike kerke wat in die algemeen as Apostolies bekend staan. Hierdie kerke het ontstaan uit die Katoliek Apostoliese Kerk uit wat weer ontstaan het uit die Albury Konverensies uit wat in die 1820’s onder leiding van Henry Drummond plaasgevind het