2006 Top Ten of Polemic for Nature

Protea
Protea verwys na 'n blommegeslag in die familie Proteaceae, bestaande uit 'n groot groep struike en bome wat hoofsaaklik in die Kaapse skiereiland en die Suidwes-Kaap voorkom, hoewel 'n paar soorte ook in die ou Transvaal en Vrystaat aangetref word
Geologie
Geologie, uit Grieks γη- en λογος is die wetenskap en studie van die aarde, sy samestelling, struktuur, fisiese eienskappe, geskiedenis en die prosesse wat hom vorm
Volume
Volume, is die hoeveelheid spasie wat 'n voorwerp inneem. As basis geld dit dat die inhoud van 'n reghoekige blok gelyk is aan lengte × breedte × hoogte. Volume word gemeet in kubieke meter (m³), desimeter (dm³), sentimeter (cm³), millimeter (mm³), ensovoorts. Om vloeistowwe se volume te meet, word 'n maatsilinder gebruik. 'n Vloeistof word versigtig in die silinder gegooi en so word die volume bepaal
Standaardtemperatuur en -druk
In die chemiese tegnologie stel die term, standaardtemperatuur en -druk, of standaardkondisies, die verwysingstemperatuur van 0 °C en die verwysingsdruk van 1 atmosfeer. Hierdie waardes benader die vriespunt van water en die atmosferiese druk by seevlak
Baardmannetjie
Die Baardmannetjie is 'n amper-endemiese, algemene standvoël en nomade in droë savanne, bosserige woestynwaterlope en landerye. Hulle is dikwels in klein groepies en ook dikwels saam met ander saadeters. Die voël is 10 cm groot en weeg 9 - 13 gram. In Engels staan die voël bekend as die Scaly-feathered Finch
Meteorologie
Meteorologie of weerkunde is die wetenskaplike ondersoek van die Aarde se atmosfeer wat fokus op weerprosesse en weervoorspelling. Meteorologiese verskynsels is waarneembare gebeure wat verlig en verduidelik word deur die wetenskap van meteorologie. Hierdie gebeure word beïnvloed deur die veranderlikes wat bestaan in die Aarde se atmosfeer; hierdie is temperatuur, lugdruk, waterdamp, die gradiënte en interaksies van elke veranderlike, asook hoe hulle met verloop van tyd verander. Die groot meerderheid
Sistematiek
Sistematiek benader stelselteorie vanaf 'n menslike perspektief benadering. Die aanname is dat dit wat bekend is van 'n stelsel verander as die punt van waarneming verander. 'n Verdere beginsel in sistematiek is dat 'n stelsel nie net geken word in terme van die direk waarneembare eienskappe soos byvoorbeeld die komponente nie maar ook verstaan moet word in terme van nie-waarneembare eienskappe soos byvoorbeeld die doelmatigheid of potensiaal van 'n stelsel
Breedtegraad
Die breedtegraad is die geografiese koördinaat wat die ligging gee van 'n plek op 'n hemelliggaam Noord of Suid van die Ewenaar. Die klimaat en weer van 'n streek is grootliks afhanklik van sy breedtegraadligging. Die breedtegraad kan saam met die lengtegraad gebruik word om 'n plek se geografiese ligging aan te dui
Mahem
Die mahem is 'n redelik algemene standvoël. Hierdie spesie is die enigste kraanvoëls wat in bome kan broei, want hulle kan met die agterste toon om takke vasklou. Om hierdie rede, en 'n paar ander, word geglo dat hierdie relatiewe klein Balearica-kraanvoël die verteenwoordigers is van hulle Gruidae-voorouers
Natuurwetenskap
Natuurwetenskap word tradisioneel as die studie van die fisiese, lewende en nie-lewende aspekte van die wêreld en die hemelruim om ons heen gedefinieer. As 'n groep kan die natuurwetenskappe onderskei word van teologie en die sosiale wetenskappe aan die een kant en van die kunste en die geesteswetenskappe aan die ander kant