2006 Top Ten of Polemic for History
- Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004
- 'n Wetgewende Verkiesing is in Suid-Afrika gehou op Woensdag, 14 April 2004. Die African National Congress (ANC) van President Thabo Mbeki, wat aan bewind is sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, is herverkies met 'n vergrote meerderheid
- 1820-Setlaars
- 1820-Setlaars is die historiese term vir die sowat 4000 blanke Britse immigrante wie tussen April en Junie 1820 in sestig groepe in Suid-Afrika aangekom het. Die meeste setlaars het in Algoabaai aan wal gegaan en is op plase in die distrik Albanie om Grahamstad in die Oos-Kaap gevestig. Soos altyd, was daar uitsonderings. Omtrent 200 immigrante moes onverwags en teësinnig na 'n lang reis vanaf Londen via Cork, Ierland, terugvaar vanaf Simonstad na Saldanha, en is afgelaai en na Clanwilliam gekarwei. Weens
- Delvillebos
- Delvillebos is 'n klein bos by die dorp Longueval in die Sommevallei in Frankryk. Die Suid-Afrikaanse Oorlogsgedenkteken en die Delvillebos-gedenkmuseum ter herinnering aan Suid-Afrikaners, wat aan twee wêreldoorloë, die oorlog in Korea en die Berlynse Lugbrug deelgeneem het, is in 1986 geopen. Die museum is 'n verkleinde weergawe van die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad
- Tempelridders
- Die Orde van die Arme Ridders van Christus en die Tempel van Salomo, beter bekend as die Tempeliers of Tempelridders, is 'n Middeleeuse geestelike ridderorde wat tydens die kruistogte gestig is om pelgrims in die Heilige Land te beskerm. Die naam Tempeliers is afgelei van die Tempel van Salomo, waarvan 'n vleuel deur die Christelike koning Boudewyn van Jerusalem aan die orde gegee is om as sy hoofkwartier te dien. Die orde bestaan ook na die einde van die Westerse heerskappy oor die gebied van Jerusalem
- Kraft durch Freude
- Die organisasie Kraft durch Freude (KdF) is op 27 November 1933 as 'n ondergeskikte afdeling van die Nasionaal-Sosialistiese Deutsche Arbeitsfront gestig en het tydens die Derde Ryk van Duitsland die vryetydsbesteding van die beroepsbevolking met danspartye, konserte, toneel- en operaopvoerings georganiseer. Daarnaas is spesiale vakansiereise aangebied vir werkers wat goeie prestasies behaal het
- Kalender
- 'n Kalender is die kunsmatige indeling van tyd in kleiner en groter eenhede, gegrond op sterrekundige verskynsels. Die kleinste kalender-eenheid, naamlik 'n dag, berus op die wenteling van die aarde om sy eie as. 'n Maand berus op die wenteling van die maan om die aards en 'n jaar op die aarde se kringloop om die son, wat met ʼn volle seisoensiklus gepaard gaan
- Saterdag
- Saterdag is die weeksdag tussen Vrydag en Sondag. Die naam is uniek tussen al die ander dagname, omdat dit afkomstig is van die Romeinse god Saturnus, terwyl die ander ses afkomstig van Saksiese gode is. Die naam beteken "Saturnus se dag
- 2010
- Die jaar 2010 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 10de jaar van die 21ste eeu n.C. Dit was ook die eerste jaar van die dekade 2010's. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad
- Eerste Wêreldoorlog
- Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede plaasgevind en het al die wêreld se groot moondhede betrek. As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog
- Gallië
- Die term Gallië verwys na die geografiese gebied tussen die Ryn in die ooste, die Alpe en die Middellandse See in die suide, die Pireneë en die Atlantiese Oseaan in die weste en noorde, wat sedert die 7de en 6de eeu v.C. deur Kelte bewoon is. Die sowat sestig Galliese stamme in hierdie gebied, wat ongeveer die huidige Frankryk, België, westelike Switserland en Noord-Italië beslaan, moet eerder as 'n kulturele en waarskynlik ook ekonomiese eenheid beskou word. Voor die Romeinse verowering het hierdie