2006 Top Ten of Polemic for Culture

Uitvoerende kunste
Die uitvoerende kunste is vorms van kuns waarin die klem gelê word op die uitvoering van sekere liggaamlike en vokale handelinge deur een of meer kunstenaars.Drama Mimiek Toneelspel Rolprent Sang Opera Operette Musiekblyspel Dans Ballet Moderne
Poësie
Poësie of digkuns is 'n literêre kunsvorm wat van estetiese en ritmiese eienskappe of vermoëns van 'n taal gebruik maak – soos eufonie, klanksimboliek en metrum – vir die vooropstelling van betekenisse addisioneel tot, of in die plek van, prosaïes ooglopende betekenisse
Taal
Taal is die menslike vermoë vir die aanleer en gebruik van ingewikkelde sisteme van kommunikasie, en 'n taal is enige spesifieke voorbeeld van so 'n sisteem. Die wetenskaplike bestudering van taal word linguistiek of taalkunde genoem
Ensiklopedie
'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis. Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
Rolprent
'n Rolprent of film is 'n verhaal wat uitgebeeld word deur 'n reeks vinnig opeenvolgende, stilstaande beelde. Die spoed waarteen die beelde geprojekteer word, laat dit lyk of dit 'n vloeiende, aaneenlopende beweging vorm, gedeeltelik vanweë die nawerking van elke beeld op die netvlies van die kyker se oog
Argitektuur
Argitektuur is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies. Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken
Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Televisie
Televisie (TV) is 'n telekommunikasiestelsel vir uitsaai en ontvangs van bewegende prente in monochroom (swart-en-wit), of in kleur, en klank oor 'n afstand oor te dra. Die term kan verwys na 'n televisiestel, 'n televisieprogram of die medium van televisie-transmissie. Televisie is 'n massamedium vir advertensies, vermaak en nuus
Kookkuns
Kookkuns het met voedsel en voedselvoorbereiding te doen. Kookkuns word gesien as 'n kuns, 'n vakgebied, 'n vorm van uitdrukking, ontspanning, maar natuurlik ook 'n noodsaaklike aktiwiteit vir miljarde mense op aarde
Comrades-maraton
Die Comrades-maraton is die wêreld se oudste en grootste ultramaraton wat elke jaar oor 'n afstand van ongeveer 90 km gehardloop word. Die wedloop vind plaas tussen Pietermaritzburg en die kusstad Durban. Die rigting van die wedloop word elke jaar gewissel tussen die op-wedren vanaf Durban en die af-wedren vanaf Pietermaritzburg