2006 Top Ten of Polemic
- IP-adres
- 'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
- Moulouya
- Die sowat 600 km lange Moulouya is 'n Noord-Afrika rivier in Marokko
- Protea
- Protea verwys na 'n blommegeslag in die familie Proteaceae, bestaande uit 'n groot groep struike en bome wat hoofsaaklik in die Kaapse skiereiland en die Suidwes-Kaap voorkom, hoewel 'n paar soorte ook in die ou Transvaal en Vrystaat aangetref word
- Republiek Ierland
- Ierland, ook bekend as die Republiek Ierland, is 'n onafhanklike eilandstaat in die noordweste van Europa, wat met 70 273 vierkante kilometer sowat vier vyfdes van die eiland Ierland beslaan. Noord-Ierland, die gebied in die noordooste van Ierland, is een van die deelstate van die Verenigde Koninkryk. Die Ierse grondwet bepaal dat die naam van die staat Éire is, of, in Engels, Ireland. Desondanks word na die onafhanklike staat Ierland soms ook as Republiek Ierland verwys om dit te onderskei van die
- Tegnologie
- Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
- Burgernet
- Burgernet is 'n samewerkingsooreenkoms van burgers en polisie in Nieuwegein, Nederland. Dit is gestig om kinders op te spoor, kriminele op heterdaad te betrap, verdwaalde oumense te vind, gesteelde motors te vind, ens. By Burgernet deel die polisie met 'n meldkamerstelsel tegelyk met baie burgers inligting na aanleiding van noodroepe. Die burgers, wat tydens 'n Burgernetaksie gebel word, is mense wat hulle aangemeld het om aan die Burgenet-stelsel deel te neem en wat in die onmiddellike omgewing van die
- Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004
- 'n Wetgewende Verkiesing is in Suid-Afrika gehou op Woensdag, 14 April 2004. Die African National Congress (ANC) van President Thabo Mbeki, wat aan bewind is sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, is herverkies met 'n vergrote meerderheid
- Suiderkruis-dekorasie
- Die Suiderkruis-dekorasie (SD) is 'n dekorasie van die Suid-Afrikaanse Weermag wat in die tydperk tussen 1975 en 2003 "vir uitnemende diens van die hoogste gehalte en uiterste toegewydheid" aan offisiere toegeken is
- Geologie
- Geologie, uit Grieks γη- en λογος is die wetenskap en studie van die aarde, sy samestelling, struktuur, fisiese eienskappe, geskiedenis en die prosesse wat hom vorm
- Volume
- Volume, is die hoeveelheid spasie wat 'n voorwerp inneem. As basis geld dit dat die inhoud van 'n reghoekige blok gelyk is aan lengte × breedte × hoogte. Volume word gemeet in kubieke meter (m³), desimeter (dm³), sentimeter (cm³), millimeter (mm³), ensovoorts. Om vloeistowwe se volume te meet, word 'n maatsilinder gebruik. 'n Vloeistof word versigtig in die silinder gegooi en so word die volume bepaal