2006 Top Ten of Conflict for Technology
- Amateurradio
- Amateurradio is die stokperdjie van tweerigtingradio. Die stokperdjie moedig eksperimentasie, tegniese kennis en operasionele kennis aan, asook om noodkommunikasie te verskaf wanneer ander kommunikasiemiddele faal vanweë storms of ander rampe. Radioamateurs word verbied om vergoed te word vir hulle dienste
- IP-adres
- 'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
- XML
- XML is 'n voorstel van die W3C om markeertale vir spesiale doelwitte te skep. Dit is 'n vereenvoudigde subversameling van SGML wat gebruik kan word om verskeie tipes data te beskryf. Die hoofdoel van XML is vir gestruktureerde voorstelling van data, veral vir versending oor die Internet
- Navigasie
- Navigasie in die tradisionele sin is die vermoë om jou posisie op die aardbol of in die ruimte te vind. 'n Persoon wat navigasie toepas is 'n navigator, en hy/ sy is dan besig om te navigeer. Die mens het oor die jare gereedskap gemaak wat hom/ haar kan help om meer presies te navigeer. Twee instrumente wat vandag nog gebruik word is die kompas en die kaart. Saam kan hierdie twee instrumente jou ligging op die aardbol baie presies uitwys. Daar is talle ander instrumente wat ook vir die doel gemaak is
- Sagteware
- Sagteware is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat instruksies verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n rekenaar. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as bronkode, en dan verwerk na binêre formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word
- Rekenaar
- 'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om data volgens 'n goed gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys
- Ruimtependeltuig-program
- NASA se Ruimtependeltuig-program (Engels: Space Shuttle program) het begin in 1960, en is die wêreld se eerste herbruikbare ruimtelanseerstelsel, en die eerste wat dit moontlik gemaak het om groot satelliete na en weer vanuit die aarde se laer wentelbaanruimte te neem
- Tegnologie
- Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
- E-pos
- E-pos, soms ook vonkpos genoem, is kort vir "elektroniese pos". In teenstelling met konvensionele pos, verwys e-pos na die skryf, stuur en ontvang van boodskappe via elektroniese kommunikasiestelsels. Die meeste huidige e-posstelsels maak gebruik van die Internet. E-pos is een van die gewildste gebruike van die Internet en maak deel uit van die vyf hoofpilare daarvan. Om e-pos te kan gebruik, moet die stuurder gewoonlik 'n rekenaar gebruik, alhoewel ander metodes, bv. met 'n slimfoon, ook moontlik is
- Rekenaarwetenskap
- Rekenaarwetenskap is die studie van berekening en inligtingverwerking, asook die implementering daarvan in inligtingstegnologie, in beide hardeware (apparatuur) en sagteware (programmatuur). In die praktyk omvat dit 'n wye aantal velde – van die abstrakte studie van algoritmes, en formele grammatikas tot meer konkrete onderwerpe soos programmeertale, bedryfstelsels, rekenaarnetwerke, databasisse en beheerstelsels. As 'n wetenskaplike dissipline, sluit dit aan by wiskunde, fisika en elektronika, maar