2006 Top Ten of Conflict for People

Adolf Hitler
Adolf Hitler was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty was
Wladimir Lenin
Wladimir Iljitsj Lenin, was ’n Russiese rewolusionêr, skrywer, regsgeleerde, stigter van die Bolsjewisteparty, leier van die Oktober-rewolusie, stigter van die Sowjetunie en die eerste leier van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek. "Lenin" was een van sy skuilname as rewolusionêr en is waarskynlik ’n verwysing na die rivier Lena. Hy is gebore as Wladimir Iljitsj Oeljanof
Nelson Mandela
Nelson Rolihlahla Mandela was die eerste staatshoof (1994–1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg
Afrikaners
Die Afrikaners is die grootste en oudste van Suid-Afrika se twee inheemse blanke bevolkings. Hulle verskil van Engelssprekende Suid-Afrikaners deur hul taalkundige en religieuse agtergrond. So is hulle merendeels van Nederlandse, Duitse en Franse afkoms, met kleiner invloede van onder meer Switsers, Skandinawiërs en Portugese, en is tradisioneel aanhangers van Calvinisme, 'n vorm van Protestantisme. Naas Franko-Kanadese was Afrikaners die enigste noemenswaardige nie-Engelssprekende blanke bevolkingsgroep
R.D. Laing
Ronald David Laing was 'n omstrede Skotse psigiater wat baanbrekerswerk verrig het om die geestessiekte skisofrenie te ontleed. Sy betoog "The Divided Self" wat in 1960 verskyn het, het vir baie gewildheid gesorg onder skisofrene maar vir afkeur onder psigiaters. Deur gebruik te maak van die eksistensieel-fenomenologiese benadering het hy gehelp om die wêreld van die skisofreen aan ander bekend te maak. Laing het die manier waarop psigiatrie destyds bedryf is veroordeel en geargumenteer dat dit gehelp het
Arthur Conan Doyle
Arthur Conan Doyle (1859–1930) was 'n Skotse skrywer wat veral bekend is vir sy speurverhale oor Sherlock Holmes en dié se vriend dr. Watson. Hy was 'n bedrywige skrywer en sy werke sluit wetenskapsfiksie, geskiedkundige verhale, tonele, romans, poësie en feiteboeke in. Daar word soms na hom verwys as Conan Doyle – Conan was oorspronklik sy middelnaam, maar hy het dit in later jare as deel van sy van gebruik
Tracy Chapman
Tracy Chapman is 'n Amerikaanse sangeres en liedskrywer, bekend vir 'n aantal steeds gewilde liedere, soos "Fast Car" en "Give Me One Reason
Alexander die Grote
Alexander die Grote was die koning van Masedonië. Hy het op 'n jong ouderdom beheer van Griekeland, Egipte en die meeste lande oos van die Middellandse See tot so ver as Indië oorgeneem. Hy het die Griekse kultuur na bykans die hele bekende wêreld uitgebrei en talle stede gestig, waaronder Alexandrië in Egipte. Hy word as een van die grootste militêre leiers in die geskiedenis beskou
Thabo Mbeki
Thabo Mvuyelwa Mbeki, is die voormalige president van Suid-Afrika, asook van die ANC. Hy het Nelson Mandela op 14 Junie 1999 as president opgevolg. Mbeki het sy tweede termyn as president begin uitdien op 27 April 2004, nadat die ANC die algemene verkiesing van 2004 met 'n oorweldigende meerderheid gewen het. Op 20 September 2008, kondig hy aan dat hy as president sal bedank na 'n oproep in die verband deur die ANC se uitvoerende bestuurskomitee. Sy bedanking is met ingang van 25 September 2008 van krag
Pous Gregorius XIII
Gregorius XIII was die 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1572 tot 1585. Hy is veral bekend vir die invoering van die Gregoriaanse kalender. Gregorius was ook betrokke by die onderdrukking van die Protestantisme in Europa, veral by die pogings om Elizabeth I van Engeland af te set en by die massamoord op die Hugenote in Frankryk tydens die Bartolomeusnag