2006 Top Ten of Conflict for Nature

Dier
Diere behoort tot Animalia, een van vyf biologiese koninkryke. Dit word ook Metazoa genoem. Diere is oor die algemeen veelsellige, eukariotiese organismes wat ander organismes eet vir voeding. Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg
Koolstof
Koolstof, is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool C en atoomgetal van 6. Dié niemetaalagtige, tetravalente element kom algemeen voor en het verskeie allotropiese vorms:diamant. Die verbindingstruktuur kan beskryf word met vier elektrone in sogenaamde driedimensionele sp3 orbitale. grafiet. Die verbindingstruktuur is drie elektrone in tweedimensionele sp2-orbitale en een elektron in 'n p-orbitaal. Kovalent verbinde sp1-orbitale is slegs van chemiese belang
Orgasme
Orgasme is die toppunt van seksuele opwinding. Dit word gekarakteriseer deur sterk plesiergevoelens, en deur 'n reeks onwillekeurige sametrekkings van die geslagsdeelspiere. Dit word meestal vergesel deur 'n merkbare fisiologiese reaksie, byvoorbeeld soos ejakulasie, en die produksie van semen, bloos, of spierspasmas
Penis
Die penis of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan wat by soogdiere ook gebruik word vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanuit dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en dan gebruik word vir seksuele omgang of masturbasie
Olifant
Die olifant (Elephantidae) is 'n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die Afrika Savanne-olifant wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom
Fisika
Fisika is die wetenskap van die natuur in die breedste sin. Fisici bestudeer die gedrag en eienskappe van materie in ’n groot verskeidenheid verbande, wat wissel van die subatomiese deeltjies wat die boustene van alle gewone materie is (deeltjiefisika) tot die gedrag van die materiële heelal as ’n geheel (kosmologie
Aardbewing
'n Aardbewing is die waarneembare skud van die aarde se oppervlakte as gevolg van die skielike vrystelling van energie in die aardkors wat seismiese golwe vrystel. Aardbewings kan gewelddadig genoeg wees om mense rond te gooi en stede totaal te verwoes. Die seismiese aktiwiteit in 'n gebied verwys na die frekwensie, tipe en die omvang van aardbewings wat oor 'n bepaalde tyd voorkom
Taalwetenskappe
Taalwetenskap, taalkunde of linguistiek is die wetenskaplike studie van die natuurlike tale. Wanneer geen studie van 'n enkele taal gemaak word nie, maar die verskynsel (natuurlike) taal in die algemeen bestudeer word, praat mens van algemene of universele taalwetenskap
Ingenieurswese
Die ingenieurswese is die kreatiewe toepassing van natuurwetenskappe, wiskundige metodes en empiriese bevindinge vir die ontwerp, vervaardiging en bou, bedryf, onderhoud en vernuwing van strukture, masjiene, materiale, toestelle, stelsels, prosesse en organisasies. 'n Persoon wat van ingenieurswese 'n beroep maak word 'n ingenieur genoem. Die ingenieur spits hom/haar toe op ontwerp, analise, en/of konstruksie deur gebruik te maak van aanlering en toepassing van kennis
Biologie
Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing