2006 Top Ten of Conflict for Health

Leukemie
Leukemie is 'n kwaadaardige bloedsiekte wat hoofsaaklik gekenmerk word deur witbloedselle (leukosiete) wat die onvermoë het om volwassenheid te bereik
Prostaatkanker
Prostaatkanker is 'n kanker van 'n man se prostaatklier en is die kanker wat die algemeenste in mans voorkom. Die klier is begrawe onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. In 'n jong man is dit omtrent so groot soos 'n okkerneut en dit omring 'n deel van die urinekanaal
Geneeskunde
Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
Larva migrans
Hierdie infestasie van die vel word veroorsaak deur die larwes van die hond en kat haakwurms. Kontak met besmette sand laat die larwe toe om in die vel in te penetreer en vandaar versprei die larwe deur die vel. Oral waar die larwe gaan veroorsaak dit 'n irritasie wat rooierig is en baie kan jeuk
Talassemie
Talassemie is 'n oorerflike siekte van die rooibloedselle, en word geklassifiseer as 'n sogenaamde hemoglobinopatie. Die genetiese defek lei tot die vorming van 'n abnormale hemoglobien-molekule. Dit maak die bloedselle kwesbaar vir beskadiging, wat dan tot vernietiging van die selle kan lei. Gereelde bloedoortappings is nodig vir sommige van die lyers aan talassemie om te kan oorleef
Psigiatrie
Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie
Tuberkulose
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande
Histologie
Die histologie of weefselleer bestudeer die struktuur en funksie van lewende weefsel. Die belangrikste tegniese hulpmiddel wat in die histologie gebruik word, is die mikroskoop en die elektronmikroskoop. Voordat die weefsel mikroskopies ondersoek kan word, moet dit eers bewerk word. Met behulp van spesiale fikseer- en kleuringsmetodes is dit deesdae moontlik om selfs die fynste besonderhede waar te neem. Hoewel die terme mikroskopiese anatomie en histologie (weefselleer) dikwels sinoniem gebruik word, is
Hematologie
Hematologie is die bestudering van bloedkomponente: Wit bloedselle, Rooi bloedselle en plaatjies. Mediese laboratoriums spesialiseer in die sellulêre abnormaliteite sowel as die navorsing van verwante studierigtings
Hallusinogeen
'n Hallusinogeen is 'n middel wat hallusinasies veroorsaak. Die woord hallusineer is afgelei van die Latynse woord "hallucinare", wat "ronddwaal in die gees" beteken. Dit laat mense dinge sien en hoor wat nie werklik bestaan nie. Hallusinogene is uiters gevaarlike gifstowwe wat verslawing of selfs dood kan veroorsaak