2006 Top Ten of Conflict for Geography

Suid-Afrika
Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
Voortrekkermonument
Die Voortrekkermonument is 'n belangrike baken op Monumentkoppie net buite Pretoria naby die N14 nasionale pad. Die monument is tussen 1937 en 1949 in die Art Déco-styl gebou. Dit is in 1949 voltooi en is opgerig om die Groot Trek van die negentiende eeu te gedenk en word beskou as 'n belangrike gedenkteken van die Voortrekkers se moed, vasberadenheid en volharding in die stigting van die twee voormalige Boererepublieke
Albanië
Albanië, amptelik die Republiek Albanië, is 'n bergagtige republiek in Suidoos-Europa aan die weste van die Balkanskiereiland. Dit grens aan die Adriatiese en die Ioniese See, asook aan Griekeland, Noord-Masedonië, Montenegro en Serwië/Kosovo. Tirana is die hoofstad en grootste stad van die land
Amsterdam
Amsterdam is die titulêre hoofstad en volgens bevolking die grootste stad van die Koninkryk der Nederlande. Amsterdam, in die plaaslike Amsterdamse dialek ook Mokum genoem, is in die westelike provinsie Noord-Holland aan die IJ- en die Amstel-riviere geleë. Die munisipaliteit Amsterdam het 'n bevolking van 905 000 en Groot-Amsterdam het in 2016 'n bevolking van 1 380 872 gehad. Die aantal verskillende nasionaliteite in die munisipaliteit is van die hoogste in die wêreld. Alhoewel die regeringsetel en
Moulouya
Die sowat 600 km lange Moulouya is 'n Noord-Afrika rivier in Marokko
Volksrepubliek China
Die Volksrepubliek China is 'n groot land in Oos-Asië en een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is. Dit beslaan die grootste deel van die kulturele, historiese en geografiese grondgebied wat bekend staan as China. Dit is die land met die grootste bevolking ter wêreld, sowat 1,4 miljard, van wie die meeste etnies as van Han-Chinese herkoms geklassifiseer word
Namibië
Namibië, amptelik die Republiek van Namibië, is ’n republiek in Suider-Afrika waarvan die westelike grens die Atlantiese Oseaan is. Die land grens ook aan Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die ooste en Suid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aan Zimbabwe grens nie, is Namibië deur 200 m van die Zambezirivier se rivierbedding van Zimbabwe geskei. Volgens ander menings ontmoet die grense van die vier lande Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe op een enkele punt en sal vervolgens
Duitsland
Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
Frankryk
Frankryk, amptelik die Franse Republiek, is 'n sentralistiese, demokratiese republiek in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Spanje en Andorra
Japan
Japan is 'n eilandnasie in Oos-Asië. Dit is geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse Skiereiland, China en Rusland, en strek van die See van Ochotsk in die noordooste tot by die Oos-Chinese See in die suidweste. Die karakters waaruit Japan se naam bestaan beteken "son-oorsprong" wat aanleiding gee tot die naam "land van die opkomende son", en wat verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiatiese vasteland