2006 Top Ten of Conflict for Culture

Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Elsassiese Duits
Elsassiese Duits is 'n Nederalemannies-Duitse dialek wat in die Noordoos-Franse gewes Elsas gepraat word. Sprekers van Elsassiese Duits verwys na hulle taal as Elsässerditsch of Elsässisch. Daar is geen standaardvorm van die Elsassiese dialek nie, en gewoonlik verskil die Elsassiese Duits van dorp tot dorp. Frans en Duits dien as kultuur- en skryftale, en die Duitse dialekte word nou toenemend deur Frans verdring
Ensiklopedie
'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis. Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
Musiek
Musiek is 'n vorm van kuns wat georganiseerde klanke en stiltes bevat. Dit word uitgedruk in terme van toonhoogte, ritme en die kwaliteit van klank. Musiek kan gebruik word vir die kunssinnige of die estetiese, kommunikasie, vermaak of seremoniese doeleindes. Die definisie van wat musiek behels verskil afhangende van die kultuur en sosiale sinsverband. Verskillende interpretasies van die term word ook as sub-genres van die kuns aanvaar
Rugby
Rugby, soms ook rugbyunie of vyftienrugby genoem, is ’n volkontakbal- en spansport, wat in die eerste helfte van die 19de eeu in Engeland ontstaan het. Dit is genoem na sy ontstaanplek, die Rugby-skool in die dorp Rugby. Dit is saam met Rugby League een van twee hoofvariante in die rugbyfamilie. ’n Wedstryd word uitgespeel tussen twee spanne met 15 spelers elk, wat op ’n reghoekige veld probeer om in 80 minute meer punte as hul opponent aan te teken. Spelers speel met ’n eiervormige bal wat hulle
Argitektuur
Argitektuur is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies. Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken
Rolprent
'n Rolprent of film is 'n verhaal wat uitgebeeld word deur 'n reeks vinnig opeenvolgende, stilstaande beelde. Die spoed waarteen die beelde geprojekteer word, laat dit lyk of dit 'n vloeiende, aaneenlopende beweging vorm, gedeeltelik vanweë die nawerking van elke beeld op die netvlies van die kyker se oog
Nederlands
Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 29 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België en Suriname
Skaak
Skaak is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel
Sigmund Freud
Sigmund Freud was 'n Oostenrykse neuroloog en die stigter van die psigoanalitiese tradisie binne die sielkunde, 'n beweging wat die teorie dat onderbewuste motiewe baie optrede beheer, gewild gemaak het. Hy het geïnteresseerd geraak in hipnose en hoe dit geestesiekes kon help. Hy het later hipnose laat vaar en eerder vrye assosiasie en droomanalise verkies, deur wat nou bekend staan as "die pratende genesing" te ontwikkel. Dit het die kernelemente van psigoanalise geword. Freud het veral belanggestel in