2006 Top Ten of Conflict

Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Islam
Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
Adolf Hitler
Adolf Hitler was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty was
Suid-Afrika
Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
Voortrekkermonument
Die Voortrekkermonument is 'n belangrike baken op Monumentkoppie net buite Pretoria naby die N14 nasionale pad. Die monument is tussen 1937 en 1949 in die Art Déco-styl gebou. Dit is in 1949 voltooi en is opgerig om die Groot Trek van die negentiende eeu te gedenk en word beskou as 'n belangrike gedenkteken van die Voortrekkers se moed, vasberadenheid en volharding in die stigting van die twee voormalige Boererepublieke
Jesus van Nasaret
Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
Elsassiese Duits
Elsassiese Duits is 'n Nederalemannies-Duitse dialek wat in die Noordoos-Franse gewes Elsas gepraat word. Sprekers van Elsassiese Duits verwys na hulle taal as Elsässerditsch of Elsässisch. Daar is geen standaardvorm van die Elsassiese dialek nie, en gewoonlik verskil die Elsassiese Duits van dorp tot dorp. Frans en Duits dien as kultuur- en skryftale, en die Duitse dialekte word nou toenemend deur Frans verdring
Albanië
Albanië, amptelik die Republiek Albanië, is 'n bergagtige republiek in Suidoos-Europa aan die weste van die Balkanskiereiland. Dit grens aan die Adriatiese en die Ioniese See, asook aan Griekeland, Noord-Masedonië, Montenegro en Serwië/Kosovo. Tirana is die hoofstad en grootste stad van die land
Amsterdam
Amsterdam is die titulêre hoofstad en volgens bevolking die grootste stad van die Koninkryk der Nederlande. Amsterdam, in die plaaslike Amsterdamse dialek ook Mokum genoem, is in die westelike provinsie Noord-Holland aan die IJ- en die Amstel-riviere geleë. Die munisipaliteit Amsterdam het 'n bevolking van 905 000 en Groot-Amsterdam het in 2016 'n bevolking van 1 380 872 gehad. Die aantal verskillende nasionaliteite in die munisipaliteit is van die hoogste in die wêreld. Alhoewel die regeringsetel en
Eerste Wêreldoorlog
Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede plaasgevind en het al die wêreld se groot moondhede betrek. As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog