2005 Top Ten of Polemic for Technology

Rekenaar
'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om data volgens 'n goed gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys
Wiki
'n Wiki of wiki is 'n webwerf wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik
Linux
Linux is 'n vrye bedryfstelselkern vir 'n verskeidenheid van rekenaars. Die naam "Linux" word ook baie gebruik om te verwys na volledige bedryfstelsels wat van die Linux-kern gebruik maak. Linux is aanvanklik deur Linus Torvalds geskryf omdat hy graag 'n Unix-bedryfstelsel vir sy Intelgebaseerde persoonlike rekenaar wou hê. Sedertdien het duisende mense oor die internet ingespring om dit te verbeter. Dit is gebaseer op Unix maar die bronkode is vryelik beskikbaar
Wankelenjin
Die Wankelenjin is 'n tipe binnebrandenjin wat deur Duitse ingenieur Felix Wankel uitgevind is, en gebruik 'n roterende suier in plaas van resiprokerende suiers. Die ontwerp beloof gladde hoë-omwenteling-per-minuut krag van 'n kompakte, liggewig enjin. Wankelenjins word egter gekritiseer vir swak brandstofverbruik en oormatige uitlaatgasse
Internet
Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
Mozilla Firefox
Mozilla Firefox is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers
HTML
Hypertext Markup Language (HTML) (Afrikaans:hiperteksmarkeertaal) is 'n taal wat die uitleg van dokumente spesifiseer. HTML word veral vir die vertoon van webblaaie op die Wêreldwye Web gebruik
GNU
GNU is 'n bedryfstelsel en versameling van rekenaarsagteware. GNU bestaan heeltemal uit vrye sagteware, waarvan die meeste onder die GNU-projek se eie Algemene Publieke Lisensie gelisensieer is
Rekenaaringenieurswese
Rekenaaringenieurswese is 'n onderafdeling van Elektroniese ingenieurswese. Dit fokus eerder op die ontwerp en programmeer van hoofsaaklik syferrekenaars en rekenaartale. Dit omvat digitale kommunikasie- en apparatuur (hardeware) -ontwerp, teenoor analoë kommunikasie of ontwerp.syferbane en logika mikrobeheerders en -verwerkers algoritmes en programmering syfer-beheerstelsels of kubernetika kommunikasiestelsels
Lys van vrye sagteware
Lys van Vrye