2005 Top Ten of Polemic for People

Afrikaners
Die Afrikaners is die grootste en oudste van Suid-Afrika se twee inheemse blanke bevolkings. Hulle verskil van Engelssprekende Suid-Afrikaners deur hul taalkundige en religieuse agtergrond. So is hulle merendeels van Nederlandse, Duitse en Franse afkoms, met kleiner invloede van onder meer Switsers, Skandinawiërs en Portugese, en is tradisioneel aanhangers van Calvinisme, 'n vorm van Protestantisme. Naas Franko-Kanadese was Afrikaners die enigste noemenswaardige nie-Engelssprekende blanke bevolkingsgroep
Jode
Die woord Jood word op verskillende maniere gebruik, maar verwys mees algemeen na 'n navolger van die Joodse geloof, 'n kind van 'n Joodse moeder, of 'n lid van die Joodse kultuur of etnisiteit en gereeld 'n kombinasie van hierdie kenmerke. Hierdie artikel bespreek die etniese groep; vir 'n oorweging van die geloof, kyk gerus na Judaïsme
Alexander die Grote
Alexander die Grote was die koning van Masedonië. Hy het op 'n jong ouderdom beheer van Griekeland, Egipte en die meeste lande oos van die Middellandse See tot so ver as Indië oorgeneem. Hy het die Griekse kultuur na bykans die hele bekende wêreld uitgebrei en talle stede gestig, waaronder Alexandrië in Egipte. Hy word as een van die grootste militêre leiers in die geskiedenis beskou
Francisco Goya
Die Spaanse skilder Francisco Goya (1746-1828) word as een van die veelsydigste en oorspronklikste kunstenaars in die Weste beskou. Naas amptelike staatsieportrette van die Spaanse koning en sy gesin het hy ook etse - dikwels in die vorm van satiriese karikature – vol grimmige protes teen die wreedheid van die oorlog gemaak
Julien Offray de Lamettrie
Julien Offray de Lamettrie is 'n Franse arts en filosoof, wat veral as die grondlegger van die psigologiese materialisme en die empiries-wetenskaplike geneeskunde bekendheid verwerf het
Jacques Cartier
Jacques Cartier was 'n Franse ontdekkingsreisiger van Kanada
Nelson Mandela
Nelson Rolihlahla Mandela was die eerste staatshoof (1994–1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg
Gerhard Schröder
Gerhard Fritz Kurt Schröder is in die tydperk van 1998 tot 2005 die bondskanselier (regeringshoof) van Duitsland
C. Louis Leipoldt
C. Louis Leipoldt (1880–1947) was ’n dokter, digter, dramaturg en skrywer, wat verskeie toekennings ontvang het vir sy skryfwerk, insluitende die Hertzogprys vir poësie en drama. Hy was een van die leidende figure van die Tweede Taalbeweging. Benewens gedigte, het hy ook romans, toneelstukke, kinderverhale, kookboeke en 'n reisjoernaal geskryf. Hy was 'n liefhebber van die natuur, en het dit dikwels as tema vir sy werk gebruik, maar met spesifieke klem op die legendes en landskappe van sy geliefde
Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar met Franse burgerskap. Breytenbach lewer 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde met sy digkuns. Hy is ook bekend as die mees prominente gevangenis-skrywer van Suid-Afrika, nadat hy nege jaar tronkstraf onder die apartheidsregering moes uitdien. Sy omvangryke oeuvre skryf hy onder sy eie naam, sowel as B.B. Lasarus, Jan Blom en Jan Afrika