2005 Top Ten of Polemic for Nature

Standaardtemperatuur en -druk
In die chemiese tegnologie stel die term, standaardtemperatuur en -druk, of standaardkondisies, die verwysingstemperatuur van 0 °C en die verwysingsdruk van 1 atmosfeer. Hierdie waardes benader die vriespunt van water en die atmosferiese druk by seevlak
Goud
Goud is 'n gesogte edelmetaal met 'n heldergeel (goue) kleur. Goud se chemiese nommer is 79 en dit het die simbool Au. Dit het die atoomgetal 92 en 'n relatiewe atoommassa van 196.97. Dit smelt by ongeveer 1 064 °C en kook by ongeveer 2 856 °C. Goud is egter baie sag en word dikwels gelegeer (saamgesmelt) tot 'n stof wat 'n legering of allooi genoem word om dit harder te maak. Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word algemeen as suiwer geag. Suiwer goud is die mees
Geologie
Geologie, uit Grieks γη- en λογος is die wetenskap en studie van die aarde, sy samestelling, struktuur, fisiese eienskappe, geskiedenis en die prosesse wat hom vorm
Etanol
Etielalkohol, ook bekend as etanol of graanalkohol, is 'n vlambare, kleurlose chemiese verbinding en een van die alkohole wat dikwels in alkoholiese drankies gevind word. In die algemene spreektaal word daar dikwels eenvoudig daarna verwys as alkohol. Sy chemiese formule is C2H5OH
Fisika
Fisika is die wetenskap van die natuur in die breedste sin. Fisici bestudeer die gedrag en eienskappe van materie in ’n groot verskeidenheid verbande, wat wissel van die subatomiese deeltjies wat die boustene van alle gewone materie is (deeltjiefisika) tot die gedrag van die materiële heelal as ’n geheel (kosmologie
Penis
Die penis of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan wat by soogdiere ook gebruik word vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanuit dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en dan gebruik word vir seksuele omgang of masturbasie
Muiskleurvlieëvanger
Die muiskleurvlieëvanger is 'n mediumgrootte vlieëvanger sonder kenmerkende kleure. Dis nie maklik uitkenbaar behalwe vir tipiese vlieëvanger-bou en -houding
Maanlanding
'n Maanlanding is die landing van 'n ruimtetuig, beman of onbeman, op die oppervlak van die Maan. Dit was 'n doel van die mensdom sedert dit geblyk het dat die Maan die Aarde se naaste hemelliggaam is. Een van die duidelikste vroeë voorbeelde van die idee was in Jules Verne se 1865-roman De la Terre à la Lune. Sedert die Sowjetunie se eerste suksesvolle onbemande landing in 1966, was daar 18 maanlandings tot in 1976. Nege van hierdie sendings het na die aarde teruggekeer met monsters van maanrotse
Magnesium
Magnesium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Mg en atoomgetal van 12. Magnesium is die element met die agste grootste verspreiding en beslaan ongeveer 2% van die Aardkors en is die element wat die derde meeste voorkom in oplossing in seewater. Hierdie aardalkalimetaal word hoofsaaklik gebruik as legeringsmiddel om aluminium-magnesium legerings te vervaardig
Olifant
Die olifant (Elephantidae) is 'n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die Afrika Savanne-olifant wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom