2005 Top Ten of Polemic for Mathematics

Wiskunde
Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
Operasionele navorsing
Operasionele navorsing (ON) is 'n multi-dissiplinêre wiskundige wetenskap wat nou verband hou met die statistiek wat hom uitgee daarvoor dat hy oplossings soek vir komplekse probleme in die werklike wêreld deur "die wetenskaplike metode" te gebruik. Vroeë definisies dateer uit die Tweede Wêreldoorlog toe wetenskaplikes uit verskillende dissiplines in meerdissiplinêre spanne saamgetrek is om "operasionele" probleme te bestudeer en oplossings aan die hand te doen. By gebrek aan bestaande metodes en
Skrikkeljaar
'n Skrikkeljaar is 'n jaar wat 'n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Seisoengebeure en astronomiese gebeure herhaal nie op 'n presiese aantal dae nie, met die gevolg dat 'n kalender met dieselfde aantal dae vir elke jaar geleidelik sal verskuif ten opsigte van die gebeurtenis waarmee dit moet ooreenstem. Deur by geleentheid 'n ekstra dag of maand in die jaar by te voeg, kan hierdie verskuiwing gekorrigeer word
Algebra
Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie
Jaart
‘n Jaart is ‘n Angelsaksiese lengtemaat nagenoeg gelyk aan 91.4cm. Hierdie historiese lengte-eenheid is gebruik in lande wat deel gevorm het van die Britse koloniale ryk
Statistiek
Statistiek word meermale beskryf as die wetenskap wat met die insameling en ontleding van data (waarnemings) te make het, asook met die maak van gevolgtrekkings en die neem van besluite op grond van dié ontledings. Dit is gebaseer op statistiese teorie wat 'n vertakking is van toegepaste wiskunde. In statistiese teorie word willekeurigheid en onsekerheid gemodelleer deur van waarskynlikheidsleer gebruik te maak. Die beoefening van statistiek behels die beplanning, opsomming en interpretasie van sekere
Eeu
'n Eeu is 'n periode van een-honderd (100) jaar
Poincare probleemstelling
In 1904, in die veld van wiskundige topologie, het die Franse wiskundige Henri Poincaré die volgende probleemstelling voorgelê:Is elke eenvoudige 4-dimensionele vorm homeomorfies aan 'n 4-dimensionele sfeer
Myl
Een myl is 'n afstand van 5280 voet, 1760 jaart, 1609,344 meter. Op see is een myl gelyk aan 1852 meter
Vierkante kilometer
Vierkante kilometer is 'n SI-eenheid vir oppervlak. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een kilometer lank is 1 000 000 m² 100 hektaar 0,386 102 vierkante myl (landmyl) 247,105381