2005 Top Ten of Conflict for Nature

Goud
Goud is 'n gesogte edelmetaal met 'n heldergeel (goue) kleur. Goud se chemiese nommer is 79 en dit het die simbool Au. Dit het die atoomgetal 92 en 'n relatiewe atoommassa van 196.97. Dit smelt by ongeveer 1 064 °C en kook by ongeveer 2 856 °C. Goud is egter baie sag en word dikwels gelegeer (saamgesmelt) tot 'n stof wat 'n legering of allooi genoem word om dit harder te maak. Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word algemeen as suiwer geag. Suiwer goud is die mees
Standaardtemperatuur en -druk
In die chemiese tegnologie stel die term, standaardtemperatuur en -druk, of standaardkondisies, die verwysingstemperatuur van 0 °C en die verwysingsdruk van 1 atmosfeer. Hierdie waardes benader die vriespunt van water en die atmosferiese druk by seevlak
Chemie
Chemie of skeikunde is die wetenskap van materie en die interaksie daarvan met energie. As gevolg van die wye verskeidenheid materie, is chemici dikwels betrokke in die strewe om die wisselwerking tussen atome en molekules wat daaruit gevorm word te bestudeer en te verstaan. Die term "skeikunde" in Afrikaans moet nie verwar word met die onderwerp wat in Engels bekend staan as "separation technology" nie
Aardbewing
'n Aardbewing is die waarneembare skud van die aarde se oppervlakte as gevolg van die skielike vrystelling van energie in die aardkors wat seismiese golwe vrystel. Aardbewings kan gewelddadig genoeg wees om mense rond te gooi en stede totaal te verwoes. Die seismiese aktiwiteit in 'n gebied verwys na die frekwensie, tipe en die omvang van aardbewings wat oor 'n bepaalde tyd voorkom
Atlantiese Oseaan
Die Atlantiese Oseaan is die wêreld se tweede grootste oseaan. Dit beslaan ongeveer een vyfde van die aarde se oppervlakte en lê tussen die ooskus van Noord- en Suid-Amerika en die weskus van Europa en Afrika. Die oseaan se naam, van Griekse mitologie verleen, beteken "See van Atlas
Magnesium
Magnesium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Mg en atoomgetal van 12. Magnesium is die element met die agste grootste verspreiding en beslaan ongeveer 2% van die Aardkors en is die element wat die derde meeste voorkom in oplossing in seewater. Hierdie aardalkalimetaal word hoofsaaklik gebruik as legeringsmiddel om aluminium-magnesium legerings te vervaardig
Fisika
Fisika is die wetenskap van die natuur in die breedste sin. Fisici bestudeer die gedrag en eienskappe van materie in ’n groot verskeidenheid verbande, wat wissel van die subatomiese deeltjies wat die boustene van alle gewone materie is (deeltjiefisika) tot die gedrag van die materiële heelal as ’n geheel (kosmologie
Olifant
Die olifant (Elephantidae) is 'n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die Afrika Savanne-olifant wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom
Geologie
Geologie, uit Grieks γη- en λογος is die wetenskap en studie van die aarde, sy samestelling, struktuur, fisiese eienskappe, geskiedenis en die prosesse wat hom vorm
Penis
Die penis of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan wat by soogdiere ook gebruik word vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanuit dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en dan gebruik word vir seksuele omgang of masturbasie