2005 Top Ten of Conflict for Geography
- Tuisblad
- Japan
- Japan is 'n eilandnasie in Oos-Asië. Dit is geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse Skiereiland, China en Rusland, en strek van die See van Ochotsk in die noordooste tot by die Oos-Chinese See in die suidweste. Die karakters waaruit Japan se naam bestaan beteken "son-oorsprong" wat aanleiding gee tot die naam "land van die opkomende son", en wat verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiatiese vasteland
- Nederland
- Nederland, informeel Holland, is 'n land in die noordweste van die Europese vasteland en bestaan uit 12 provinsies. Dit word begrens deur die Noordsee in die noorde en weste, België in die suide en Duitsland in die ooste; in die Noordsee grens Nederland ook aan die Verenigde Koninkryk. Die hoofstad is Amsterdam en die regeringsetel is Den Haag. Die Karibiese eilande Bonaire, Saba en Sint Eustatius maak ook deel van Nederland uit. Saam met die Karibiese eilande Aruba, Curaçao en Sint Maarten vorm
- Latyn
- Latyn was 'n taal wat oorspronklik in die streek Latium, wat Rome insluit, gepraat is. Dit het baie aansien en belang verwerf as die amptelike taal van die Romeinse Ryk. Belangrike Latynse skrywers was Cicero, Tacitus, Vergilius, Horatius en Ovidius
- Suid-Afrika
- Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
- Pole
- Pole, amptelik die Republiek Pole, is 'n land in Sentraal-Europa. Dit grens aan Duitsland, Tsjeggië, Slowakye, Oekraïne, Wit-Rusland, Rusland en Litaue. In administratiewe opsig word Pole in 16 woiwodskappe verdeel
- Armenië
- Armenië, amptelik die Republiek Armenië, is 'n klein landingeslote land in die suidelike Kaukasusberge, tussen die Swartsee en die Kaspiese See, begrens deur Turkye in die weste, Georgië in die noorde, die Republiek Artsach (Artsach) en Azerbeidjan in die ooste en Iran en die Naxçıvan-eksklawe van Azerbeidjan in die suide
- Masjhad
- Mashhad is die tweede grootste stad van Iran naas die hoofstad Teheran en het meer as 2,5 miljoen inwoners. Dit is die hoofstad van die provinsie Khorasan, die grootste provinsie van Iran wat in die Noordooste van die land lê
- Chili
- Chili, amptelik die Republiek Chili, is ’n unitêre presidensiële grondwetlike republiek geleë aan die suidwestelike kus van Suid-Amerika. Chili is lank en smal en strek in ’n noord-suidrigting oor ’n afstand van sowat 4 300 kilometer, terwyl dit op sy breedste in ’n oos-wesrigting maksimaal 400 kilometer van die weskus tot by die grens met Argentinië strek. Dié land behels verskillende klimaatsones wat van tropiese woestyne in die noorde tot by die koel gematigde en subpolêre woudsones van
- Europa
- Europa is 'n vasteland wat oor die westelike vyfde van die Eurasiese landmassa strek. Alhoewel dit in geografiese opsig eerder as subkontinent geklassifiseer kan word wat saam met Asië die vasteland van Eurasië vorm, word dit vanweë sy historiese en kulturele ontwikkeling meestal as selfstandige kontinent beskou. Eeue lank was Europa in kulturele en ekonomiese opsig die middelpunt van die wêreld. So het die term Europa naas sy geografiese definisie ook betrekking op kulturele, politieke, ekonomiese