2004 Top Ten of Conflict for Society
- Sielkunde
- Sielkunde oftewel psigologie is die studie van die innerlike lewe en gedrag. Algemene psigologie bestudeer die normale, volwasse mens; terwyl besondere psigologie die abnormale, onvolwasse mens bestudeer. Alhoewel die sielkunde dikwels beskou word as 'n wetenskap waarvan Sigmund Freud die stigter was, kan 'n mens dit verder terug in die geskiedenis vind in die debatte tussen filosowe soos John Locke en Immanuel Kant
- Afrika Christen Demokratiese Party
- Die Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) is 'n politieke party in Suid-Afrika en vorm deel van die Internasionale Christen Demokratiese Politieke familie. Die party is gestig op 9 Desember 1993 en verklaar dat hulle die "Bybelgelowige Christene" en "diegene wat hoë ag slaan op morele waardes" verteenwoordig
- Sosiologie
- Sosiologie is die studie van gemeenskappe en hoe mense optree in groepe. Dit bestudeer die sosiale wette en prosesse wat mense bind en skei, nie net as indiwidue nie, maar as lede van assosiasies, groepe en institusies
- Taalverskeidenheid
- Taalverskeidenheid verwys na variasies wat in 'n taal voorkom. Die algemeenste manifestasie hiervan word 'n dialek genoem.Chronolek
Geolek
Ideolek
Sosiolek
- Gestapo
- Die Gestapo was die geheime staatspolisie in Nazi-Duitsland (1933–1945
- Neologisme
- 'n Neologisme, ook nuutskepping, is 'n leksikale item, wat binne 'n bepaalde tydperk in 'n taalgemeenskap ontstaan, grootskaals deur sy sprekers gebruik word en uiteindelik in die woordeboeke, wat die woordeskat van hierdie taal kodifiseer, gelys word
- Habeas corpus
- Habeas corpus is 'n Latynse regsterm wat letterlik beteken, "het jy die liggaam". Dit is 'n baie ou beginsel van die Engelse gemenereg - ouer as die Magna Carta - en regstelsels wat daarop gebou is. Dit is geformaliseer deur die Britse parlement in 1697 deur die Habeas Corpus Act. Dié reg plaas 'n verpligting op die staat om (A) te kenne te gee wanneer 'n persoon aangehou word; en (B) die aangehoudene voor 'n hof te laat verskyn en aan te toon waarom dié persoon aangehou moet word
- Ekonomie
- Ekonomie is die sosiale wetenskap wat die produksie en verbruik van meetbare middele bestudeer. Dit behels die analise van die produksie, verspreiding en verbruik van goedere en dienste. Volkshuishouding is 'n verouderde term vir ekonomie
- Europese Unie
- Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is
- Geld
- Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel. Byvoorbeeld, volgens Maslow se behoeftehiërargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primêr. Dit wil sê in sulke omstandighede van oorlewing het goud geen waarde nie, want dit kan geen voedsel of beskerming aan die mense voorsien nie. Voedsel, klere en skuiling sal dit wees waarna die mens soek. Die vraag is, hoe het "geld" die simbool vir waarde geword