2004 Top Ten of Conflict for Religion

God
Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie
Die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie is 'n losse groepering van Christelike kerke. Dit bestaan uit kerkgenootskappe in Suid-Afrika en nege in die buiteland, waarvan agt in Afrika en een in Europa
Hindoeïsme (eerste artikel)
Hindoeïsme is die dominante religie in Indië, Nepal en van ongeveer 'n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika
Bybel
Die Bybel is die heilige boek van Christendom, Judaïsme, Rastafarianisme en Samaritaïsme. Die Joodse Bybel of Tanag het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel
Christendom
Die Christendom is 'n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. Christene glo in een God as Drie-eenheid: God die Vader, God die Seun en die Heilige Gees. Dit is ook die grootste godsdiens in die wêreld. Die Bybel is Christene se heilige boek, hulle aanbid in kerke en die kruis is hul simbool. Die Bybel bestaan uit 39 Ou Testament en 27 Nuwe Testament boeke. 'n Belangrike onderdeel van die
Christene
Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel
Boeddhisme
Boeddhisme is ’n Dharmiese geloof of filosofie. Dit sluit ’n verskeidenheid tradisies, gelowe en spirituele gebruike in wat grootliks geskoei is op die leringe van Gautama Boeddha, algemeen bekend as die Boeddha
Godsdiens
Godsdiens bestaan uit verskeie stelsels gelowe en praktyke wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word
Apostoliese Geloofsending
Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS) is 'n klassieke Pinkster Christelike denominasie in Suid-Afrika. Met 1,2 miljoen aanhangers is dit Suid-Afrika se grootste Pinksterkerk en die vyfde grootste godsdiensgroepering in Suid-Afrika en verteenwoordig 7,6 persent van die bevolking
Jesus van Nasaret
Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is