2004 Top Ten of Conflict for Geography

Tuisblad
Verenigde State van Amerika
Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
Thailand
Thailand, amptelik die Koninkryk Thailand, is 'n land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 513 120 km² en 'n bevolking van sowat 67 miljoen. Thailand word ook Siam genoem, wat die land se amptelike naam was tot 23 Junie 1939. Die woord "Thai" beteken "vry" in die Thaise taal. Die hoofstad en grootste stad van Thailand is Bangkok
België
België, amptelik die Koninkryk België, is 'n land in Noordwes-Europa begrens deur Nederland, Duitsland, Luxemburg en Frankryk. België het 'n bevolking van amper 11,7 miljoen mense in 'n gebied meer as dertigduisend vierkante kilometer groot. België lê op 'n kulturele kruispad tussen die Germaanse Europa en die Romaanse Europa. Twee hooftale word in België gepraat: Nederlands – soms nie-amptelik Vlaams genoem – in Vlaandere in die noorde; en Frans, in Wallonië in die suide. Die hoofstad, die
Venezuela
Venezuela, amptelik die Bolivariaanse Republiek Venezuela, is 'n land in die noorde van Suid-Amerika. Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die noorde, Guyana aan die ooste, Brasilië aan die suide en Colombia aan die weste. Net noord van Venezuela lê die Karibiese lande van Aruba, Bonaire, Curaçao en Trinidad en Tobago
Asië
Asië is die wêreld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km² wat 33% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense – ongeveer 60% van die wêreldbevolking
Suid-Afrika
Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
Pretoria
Pretoria is die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika en is geleë in die provinsie Gauteng, ongeveer 50 km noord van Johannesburg. Die stadsgebied word deurkruis deur die Magaliesbergreeks
Heidelberg, Duitsland
Heidelberg is 'n stad in Baden-Württemberg, Duitsland. Teen 2010 was die inwonertal ongeveer 147 000 in die stad se 109 km²
Hongarye
Hongarye is 'n landingeslote land in Sentraal-Europa wat 'n groot deel van die Pannoniese Laagvlakte beslaan. Die land grens aan Oostenryk, Slowakye, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Kroasië en Slowenië. Dit staan in eie land bekend as die Land van die Magyare of Magyarország