2004 Top Ten of Conflict for Culture
- Ensiklopedie
- 'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis.
Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
- Fokofpolisiekar
- Fokofpolisiekar is 'n Afrikaanse musiekgroep van Bellville naby Kaapstad, Suid-Afrika. Die groep het in April 2003 as 'n grap ontstaan met die doel om die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap te skok. Die groepsbesetting is François “van Coke” Badenhorst met voorsang, Hunter Kennedy met sang en ritmekitaar, Jaco "Snakehead" Venter op die tromme, Wynand Myburgh op baskitaar en Johnny de Ridder op hoofkitaar
- Musiek
- Musiek is 'n vorm van kuns wat georganiseerde klanke en stiltes bevat. Dit word uitgedruk in terme van toonhoogte, ritme en die kwaliteit van klank. Musiek kan gebruik word vir die kunssinnige of die estetiese, kommunikasie, vermaak of seremoniese doeleindes. Die definisie van wat musiek behels verskil afhangende van die kultuur en sosiale sinsverband. Verskillende interpretasies van die term word ook as sub-genres van die kuns aanvaar
- Skaak
- Skaak is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel
- Curriebeker
- Die Curriebekertoernooi is Suid-Afrika se oudste en belangrikste plaaslike rugbykompetisie wat agt provinsies of streke binne ’n provinsie verteenwoordig. Hoewel dit die belangrikste plaaslike kompetisie is, ding Suid-Afrikaanse spanne ook jaarliks in die Verenigde Rugbykampioenskap mee
- Beeldende kunste
- Die beeldende kunste is vorms van kunssinnige uitdrukking waarin die klem val op die skep van 'n artifak in twee of drie dimensies.Tekenkuns
Skilderkuns
Beeldhouwerk
Gemengde
- Balto-Slawies
- Die Balto-Slawiese taalgroep vorm deel van die Indo-Europese taalfamilie en voeg die Baltiese tale en Slawiese tale saam op die grond van 'n veronderstelde verwantskap wat spruit uit of reflekteer word in die geografiese nabyheid waarin hierdie tale fungeer. Die Baltiese en Slawiese tale is argaïes en daar word geglo dat tale in dié groepe nader is aan proto-Indo-Europees as enige ander lewende tale. Daar is taalkundiges wat dié samevoeging van die Baltiese en Slawiese tale in een groep betwis
- Argitektuur
- Argitektuur is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies. Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken
- Benue-Kongo-tale
- Die Benue-Kongo-tale is die grootste taalgroep binne die Niger-Kongo-taalfamilie. Die taalfamilie is ná die Benue- en Kongoriviere genoem, twee van die vernaamste riviere in die verspreidingsgebied van dié tale
- Baltiese tale
- Die Baltiese tale is 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie wat deur Baltiese volke in Noordoos-Europa gepraat word