2003 Top Ten of Polemic for Culture
- Geolek
- 'n Geolek is 'n taalvariant of dialek wat gebonde is aan 'n spesifieke streek of gebied
- Beeldende kunste
- Die beeldende kunste is vorms van kunssinnige uitdrukking waarin die klem val op die skep van 'n artifak in twee of drie dimensies.Tekenkuns
Skilderkuns
Beeldhouwerk
Gemengde
- Balto-Slawies
- Die Balto-Slawiese taalgroep vorm deel van die Indo-Europese taalfamilie en voeg die Baltiese tale en Slawiese tale saam op die grond van 'n veronderstelde verwantskap wat spruit uit of reflekteer word in die geografiese nabyheid waarin hierdie tale fungeer. Die Baltiese en Slawiese tale is argaïes en daar word geglo dat tale in dié groepe nader is aan proto-Indo-Europees as enige ander lewende tale. Daar is taalkundiges wat dié samevoeging van die Baltiese en Slawiese tale in een groep betwis
- Baltiese tale
- Die Baltiese tale is 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie wat deur Baltiese volke in Noordoos-Europa gepraat word
- Benue-Kongo-tale
- Die Benue-Kongo-tale is die grootste taalgroep binne die Niger-Kongo-taalfamilie. Die taalfamilie is ná die Benue- en Kongoriviere genoem, twee van die vernaamste riviere in die verspreidingsgebied van dié tale
- Firefly
- Firefly is 'n Engelse wetenskapsfiksie-televisiereeks wat eerste op die FOX-kanaal in die VSA en Kanada op 20 September 2002 gewys is. Dit is geskep deur Joss Whedon wat ook die reekse Buffy the Vampire Slayer en Angel gemaak het
- Curriebeker
- Die Curriebekertoernooi is Suid-Afrika se oudste en belangrikste plaaslike rugbykompetisie wat agt provinsies of streke binne ’n provinsie verteenwoordig. Hoewel dit die belangrikste plaaslike kompetisie is, ding Suid-Afrikaanse spanne ook jaarliks in die Verenigde Rugbykampioenskap mee
- Germaanse tale
- Die Germaanse tale is 'n groep verwante tale wat 'n tak van die Indo-Europese (IE) taalfamilie vorm. Die gemene voorouer van al die tale waaruit die tak bestaan is Proto-Germaans wat in ongeveer die laat- middel-1ste millennium v.C. in ystertydperk Noord-Europa gepraat is. Proto-Germaans, saam met al die nasate daarvan, word gekenmerk deur 'n aantal unieke taalkundige eienskappe waaronder die bekendste die Tweede Germaanse klankverskuiwing wat deur Grimm se Wet beskryf word. Vroeë Germaanse variëteite
- Rolprent
- 'n Rolprent of film is 'n verhaal wat uitgebeeld word deur 'n reeks vinnig opeenvolgende, stilstaande beelde. Die spoed waarteen die beelde geprojekteer word, laat dit lyk of dit 'n vloeiende, aaneenlopende beweging vorm, gedeeltelik vanweë die nawerking van elke beeld op die netvlies van die kyker se oog
- Argitektuur
- Argitektuur is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies. Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken