2003 Top Ten of Polemic
- Engeland
- Engeland is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland
- Fisika
- Fisika is die wetenskap van die natuur in die breedste sin. Fisici bestudeer die gedrag en eienskappe van materie in ’n groot verskeidenheid verbande, wat wissel van die subatomiese deeltjies wat die boustene van alle gewone materie is (deeltjiefisika) tot die gedrag van die materiële heelal as ’n geheel (kosmologie
- Lys van vrye sagteware
- Lys van Vrye
- Geld
- Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel. Byvoorbeeld, volgens Maslow se behoeftehiërargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primêr. Dit wil sê in sulke omstandighede van oorlewing het goud geen waarde nie, want dit kan geen voedsel of beskerming aan die mense voorsien nie. Voedsel, klere en skuiling sal dit wees waarna die mens soek. Die vraag is, hoe het "geld" die simbool vir waarde geword
- Ingenieurswese
- Die ingenieurswese is die kreatiewe toepassing van natuurwetenskappe, wiskundige metodes en empiriese bevindinge vir die ontwerp, vervaardiging en bou, bedryf, onderhoud en vernuwing van strukture, masjiene, materiale, toestelle, stelsels, prosesse en organisasies. 'n Persoon wat van ingenieurswese 'n beroep maak word 'n ingenieur genoem. Die ingenieur spits hom/haar toe op ontwerp, analise, en/of konstruksie deur gebruik te maak van aanlering en toepassing van kennis
- J.M. Coetzee
- John Maxwell Coetzee is 'n Suid-Afrikaansgebore skrywer. Hy word as die mees bekroonde lewende skrywer in die Engelssprekende wêreld beskou. Hy is die eerste skrywer aan wie die Bookerprys twee keer toegeken is en in 2003 ontvang hy die Nobelprys vir Letterkunde. Sy werk sluit in die romans Life & Times of Michael K, Disgrace, Waiting for the Barbarians, The Master of Petersburg, Slow Man en Diary of a Bad Year, en die gefiksionaliseerde outobiografieë Boyhood: Scenes from Provincial Life, Youth: Scenes
- George Dantzig
- George Dantzig was 'n Amerikaanse wiskundige en operasionele navorser. Gebore 8 November 1914 in Portland, Oregon, VSA, en oorlede op 13 Mei 2005 in Palo Alto, Kalifornië. Hy word as die "vader van lineêre programmering" beskou
- Lys van historiese herdenkings
- Hier volg skakels na artikels oor alle dae van die jaar
- Ierland
- Ierland is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer. Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste
- Onafhanklike Demokrate
- Die Onafhanklike Demokrate was 'n politieke party in Suid-Afrika. Dit het verteenwoordiging in die Parlement van Suid-Afrika gekry toe die stigter, Patricia de Lille, oorgeloop het deur verteenwoordigingstemme van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) te gebruik