2003 Top Ten of Conflict for People
- Mongane Wally Serote
- Mongane Wally Serote is 'n Suid-Afrikaanse digter en skrywer
- J.M. Coetzee
- John Maxwell Coetzee is 'n Suid-Afrikaansgebore skrywer. Hy word as die mees bekroonde lewende skrywer in die Engelssprekende wêreld beskou. Hy is die eerste skrywer aan wie die Bookerprys twee keer toegeken is en in 2003 ontvang hy die Nobelprys vir Letterkunde. Sy werk sluit in die romans Life & Times of Michael K, Disgrace, Waiting for the Barbarians, The Master of Petersburg, Slow Man en Diary of a Bad Year, en die gefiksionaliseerde outobiografieë Boyhood: Scenes from Provincial Life, Youth: Scenes
- Jan van Riebeeck
- Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck, was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting by die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Suid-Afrika en uiteindelik die Republiek van Suid-Afrika
- Jan Rabie
- Jan Sebastian Rabie was 'n Afrikaanse skrywer van kortverhale, romans en ander literêre werke. Rabie was een van die sogenaamde Sestigers, 'n groep invloedryke Afrikaanse skrywers van die 1960's. Hy het een-en-twintig werke gelewer
- Pous Gregorius XIII
- Gregorius XIII was die 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1572 tot 1585. Hy is veral bekend vir die invoering van die Gregoriaanse kalender. Gregorius was ook betrokke by die onderdrukking van die Protestantisme in Europa, veral by die pogings om Elizabeth I van Engeland af te set en by die massamoord op die Hugenote in Frankryk tydens die Bartolomeusnag
- George Dantzig
- George Dantzig was 'n Amerikaanse wiskundige en operasionele navorser. Gebore 8 November 1914 in Portland, Oregon, VSA, en oorlede op 13 Mei 2005 in Palo Alto, Kalifornië. Hy word as die "vader van lineêre programmering" beskou
- Nelson Mandela
- Nelson Rolihlahla Mandela was die eerste staatshoof (1994–1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg
- C. Louis Leipoldt
- C. Louis Leipoldt (1880–1947) was ’n dokter, digter, dramaturg en skrywer, wat verskeie toekennings ontvang het vir sy skryfwerk, insluitende die Hertzogprys vir poësie en drama. Hy was een van die leidende figure van die Tweede Taalbeweging. Benewens gedigte, het hy ook romans, toneelstukke, kinderverhale, kookboeke en 'n reisjoernaal geskryf. Hy was 'n liefhebber van die natuur, en het dit dikwels as tema vir sy werk gebruik, maar met spesifieke klem op die legendes en landskappe van sy geliefde
- Erik Erikson
- Erik Homburger Erikson was 'n Duits-Amerikaanse ontwikkelingsielkundige bekend vir sy teorie oor die sosiale ontwikkeling van die mens en as skepper van die uitdrukking "identiteitskrisis
- Breyten Breytenbach
- Breyten Breytenbach is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar met Franse burgerskap. Breytenbach lewer 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde met sy digkuns. Hy is ook bekend as die mees prominente gevangenis-skrywer van Suid-Afrika, nadat hy nege jaar tronkstraf onder die apartheidsregering moes uitdien. Sy omvangryke oeuvre skryf hy onder sy eie naam, sowel as B.B. Lasarus, Jan Blom en Jan Afrika