2003 Top Ten of Conflict

Engeland
Engeland is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland
Mongane Wally Serote
Mongane Wally Serote is 'n Suid-Afrikaanse digter en skrywer
Curriebeker
Die Curriebekertoernooi is Suid-Afrika se oudste en belangrikste plaaslike rugbykompetisie wat agt provinsies of streke binne ’n provinsie verteenwoordig. Hoewel dit die belangrikste plaaslike kompetisie is, ding Suid-Afrikaanse spanne ook jaarliks in die Verenigde Rugbykampioenskap mee
Afrika
Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking
Sosiologie
Sosiologie is die studie van gemeenskappe en hoe mense optree in groepe. Dit bestudeer die sosiale wette en prosesse wat mense bind en skei, nie net as indiwidue nie, maar as lede van assosiasies, groepe en institusies
Algebra
Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie
Asië
Asië is die wêreld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km² wat 33% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense – ongeveer 60% van die wêreldbevolking
Bybel
Die Bybel is die heilige boek van Christendom, Judaïsme, Rastafarianisme en Samaritaïsme. Die Joodse Bybel of Tanag het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel
Magna Carta
Die Magna Carta is in 1215 deur koning Jan sonder Land opgestel op aandrang van sy baronne. Oorspronklik onderteken as 'n soort vredesooreenkoms tussen die monarg en 'n groep oproerige baronne, word die dokument, wat in Latyn op perkament geskryf is, as 'n baanbrekende historiese prestasie beskou wat die grondslag vir Westerse demokratiese regeringstelsels, verklarings van burger- en menseregte en moderne regstelsels vorm
Hindoeïsme (eerste artikel)
Hindoeïsme is die dominante religie in Indië, Nepal en van ongeveer 'n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika