2002 Top Ten of Conflict for Culture
- Indo-Europese tale
- Die Indo-Europese tale sluit sowat 443 tale en dialekte wat deur omtrent drie miljard mense gepraat word en die meeste groot taalfamilies van Europa en westelike Asië in die superfamilie in. Eietydse tale in die superfamilie sluit Bengaals, Engels, Duits, Frans, Hindi, Persies, Portugees, Russies, en Spaans en Afrikaans en Nederlands in, sowel as dooie tale soos Latyn en kunsmatige tale soos Esperanto. Interessant genoeg is 'n paar Europese tale soos Fins, Hongaars en Baskies nie deel van die superfamilie
- Suid-Ndebele
- Suid-Ndebele is 'n taal in die Nguni-taalfamilie. Dit is 'n amptelike taal van Suid-Afrika waar dit deur ongeveer 1 090 000 mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Limpopoprovinsie
- Baltiese tale
- Die Baltiese tale is 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie wat deur Baltiese volke in Noordoos-Europa gepraat word
- Xhosa
- Xhosa is die taal van die Xhosas en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 8,2 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die tweede meeste moerdertaalsprekers in Suid-Afrika ná Zoeloe. Omtrent 11 miljoen mense gebruik Xhosa as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die taal is ook nou verwant aan Zoeloe en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as
- Balto-Slawies
- Die Balto-Slawiese taalgroep vorm deel van die Indo-Europese taalfamilie en voeg die Baltiese tale en Slawiese tale saam op die grond van 'n veronderstelde verwantskap wat spruit uit of reflekteer word in die geografiese nabyheid waarin hierdie tale fungeer. Die Baltiese en Slawiese tale is argaïes en daar word geglo dat tale in dié groepe nader is aan proto-Indo-Europees as enige ander lewende tale. Daar is taalkundiges wat dié samevoeging van die Baltiese en Slawiese tale in een groep betwis
- Beeldende kunste
- Die beeldende kunste is vorms van kunssinnige uitdrukking waarin die klem val op die skep van 'n artifak in twee of drie dimensies.Tekenkuns
Skilderkuns
Beeldhouwerk
Gemengde
- Benue-Kongo-tale
- Die Benue-Kongo-tale is die grootste taalgroep binne die Niger-Kongo-taalfamilie. Die taalfamilie is ná die Benue- en Kongoriviere genoem, twee van die vernaamste riviere in die verspreidingsgebied van dié tale
- Geolek
- 'n Geolek is 'n taalvariant of dialek wat gebonde is aan 'n spesifieke streek of gebied
- Rolprent
- 'n Rolprent of film is 'n verhaal wat uitgebeeld word deur 'n reeks vinnig opeenvolgende, stilstaande beelde. Die spoed waarteen die beelde geprojekteer word, laat dit lyk of dit 'n vloeiende, aaneenlopende beweging vorm, gedeeltelik vanweë die nawerking van elke beeld op die netvlies van die kyker se oog
- Germaanse tale
- Die Germaanse tale is 'n groep verwante tale wat 'n tak van die Indo-Europese (IE) taalfamilie vorm. Die gemene voorouer van al die tale waaruit die tak bestaan is Proto-Germaans wat in ongeveer die laat- middel-1ste millennium v.C. in ystertydperk Noord-Europa gepraat is. Proto-Germaans, saam met al die nasate daarvan, word gekenmerk deur 'n aantal unieke taalkundige eienskappe waaronder die bekendste die Tweede Germaanse klankverskuiwing wat deur Grimm se Wet beskryf word. Vroeë Germaanse variëteite