2002 Top Ten of Conflict
- Rekenaaringenieurswese
- Rekenaaringenieurswese is 'n onderafdeling van Elektroniese ingenieurswese.
Dit fokus eerder op die ontwerp en programmeer van hoofsaaklik syferrekenaars en
rekenaartale.
Dit omvat digitale kommunikasie- en apparatuur (hardeware) -ontwerp, teenoor analoë kommunikasie of ontwerp.syferbane en logika
mikrobeheerders en -verwerkers
algoritmes en programmering
syfer-beheerstelsels of kubernetika
kommunikasiestelsels
- Australasië
- Australasië is die gebied rondom Australië, Nieu-Seeland, Nieu-Guinea, die daaromliggende eilande van Melanesië en ook 'n deel van Indonesië. Die begrip is afkomstig van Charles de Brosses, wat dit in 1756 gebruik het om die gebied af te grens van Polinesië en Magellanica
- Biologie
- Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing
- Gauteng
- Gauteng is die provinsie van Suid-Afrika met die hoogste bevolkingskonsentrasie met 'n sterk handel- en nywerheidsontwikkeling. Die vernaamste stede is Pretoria en Johannesburg
- Afrika
- Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking
- Indo-Europese tale
- Die Indo-Europese tale sluit sowat 443 tale en dialekte wat deur omtrent drie miljard mense gepraat word en die meeste groot taalfamilies van Europa en westelike Asië in die superfamilie in. Eietydse tale in die superfamilie sluit Bengaals, Engels, Duits, Frans, Hindi, Persies, Portugees, Russies, en Spaans en Afrikaans en Nederlands in, sowel as dooie tale soos Latyn en kunsmatige tale soos Esperanto. Interessant genoeg is 'n paar Europese tale soos Fins, Hongaars en Baskies nie deel van die superfamilie
- Suid-Ndebele
- Suid-Ndebele is 'n taal in die Nguni-taalfamilie. Dit is 'n amptelike taal van Suid-Afrika waar dit deur ongeveer 1 090 000 mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Limpopoprovinsie
- Alice, Oos-Kaap
- Alice is 'n dorpie in die Oos-Kaap, 120 km wes van Oos-Londen. Dit is op die wesoewer van die Tyhumerivier geleë, teenoor die hoofkampus van die Universiteit van Fort Hare
- Finland
- Finland, amptelik die Republiek Finland, is 'n land in Noord-Europa wat in die ooste aan die Russiese Federasie, in die noordweste aan Swede en in die noorde aan Noorweë grens. Ten suide word dit van Estland geskei deur die Finse Golf. Wes vind mens die Botniese Golf en suidwes die Oossee wat Finland van sy buurland Swede skei. Net in die noordweste het die twee lande 'n gemeenskaplike landgrens
- Ghana
- Ghana, amptelik die Republiek Ghana, is 'n land in Wes-Afrika. Dit het 'n oppervlakte van 239 567 en 'n bevolking van 31 miljoen in 2020 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Accra, geleë langs die suidkus aan die Golf van Guinee. 'n Ander belangrike stad is Kumasi, bekend as geboorteplek van Kofi Annan, die Verenigde Nasies se sewende sekretaris-generaal, en hoofstad van die Asjanti-streek in die suidelike sentrum van die land. Die derde grootste stad is Tamale en is in die noorde van die land geleë